-
JehovahRedenering uit die Skrif
-
-
taal in ’n ander oorgesit word. Jesus is as ’n Jood gebore, en in Hebreeus is sy naam moontlik Je·sjoeʹa uitgespreek, maar die geïnspireerde skrywers van die Christelike Skrifte het nie geaarsel om die Griekse vorm van die naam, I·e·sousʹ, te gebruik nie. In die meeste ander tale is die uitspraak effens verskillend, maar ons gebruik vryelik die vorm wat in ons taal algemeen is. Dieselfde geld vir ander Bybelname. Hoe kan ons dan die nodige eerbied betoon vir die Een aan wie die allerbelangrikste naam behoort? Sou dit wees deur nooit sy naam uit te spreek of neer te skryf nie omdat ons nie weet presies hoe dit oorspronklik uitgespreek is nie? Of sou dit eerder wees deur die uitspraak en spelling te gebruik wat algemeen in ons taal is, terwyl ons met waardering spreek van die Besitter daarvan en ons as sy aanbidders gedra op ’n wyse wat hom tot eer strek?
Waarom is dit belangrik om God se persoonlike naam te ken en te gebruik?
Het jy ’n intieme verhouding met enigiemand wie se persoonlike naam jy nie ken nie? Vir mense vir wie God naamloos is, is hy dikwels bloot ’n onpersoonlike krag, nie ’n werklike persoon nie, nie iemand wat hulle ken en liefhet en tot wie hulle in gebed uit die hart kan spreek nie. Wanneer hulle wel bid, is hulle gebede bloot ’n ritualistiese, formalistiese herhaling van uitdrukkings wat uit die hoof geleer is.
Ware Christene het ’n opdrag van Jesus Christus om dissipels van die mense van alle nasies te maak. Hoe sal dit, wanneer hierdie mense geleer word, moontlik wees om te toon dat die ware God van die valse gode van die nasies verskil? Slegs deur Sy persoonlike naam te gebruik, net soos die Bybel self ook doen.—Matt. 28:19, 20; 1 Kor. 8:5, 6.
Ex. 3:15: “Toe sê God . . . vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE [“Jehovah”, NW], die God van julle vaders, . . . het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.”
Jes. 12:4: “Dank die HERE [“Jehovah”, NW, KJ], roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is!”
Eseg. 38:17, 23: “So sê die Here HERE [“Soewereine Heer Jehovah”, NW]: . . . So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die HERE [“Jehovah”, NW] is.”
Mal. 3:16: “Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar gespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, en daar is ’n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir die wat die HERE [“Jehovah”, NW] vrees en sy Naam eer.”
Joh. 17:26: “[Jesus het tot sy Vader gebid:] Ek het u Naam aan hulle [sy volgelinge] bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.”
Hand. 15:14: “Simeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ’n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.”
Is Jehovah in die “Ou Testament” Jesus Christus in die “Nuwe Testament”?
Matt. 4:10: “Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here [“Jehovah”, NW] jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” (Dit is duidelik dat Jesus nie gesê het dat hyself aanbid moes word nie.)
Joh. 8:54: “Jesus antwoord [die Jode]: As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks nie. Dit is my Vader wat My verheerlik, van wie julle sê dat Hy julle God is.” (Die Hebreeuse Skrifte identifiseer Jehovah duidelik as die God wat die Jode bely het hulle aanbid. Jesus het nie gesê dat hyself Jehovah is nie, maar dat Jehovah sy Vader is. Jesus het hier baie duidelik getoon dat hy en sy Vader aparte individue is.)
Ps. 110:1: “Die HERE [“Jehovah”, NW] het tot my [Dawid se] Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ’n voetbank vir u voete.” (In Mattheüs 22:41-45 het Jesus verduidelik dat hý Dawid se “Here” is wat in hierdie psalm gemeld word. Jesus is dus nie Jehovah nie, maar die een tot wie Jehovah se woorde hier gerig is.)
Filip. 2:9-11: “Daarom het God Hom [Jesus Christus] ook uitermate verhoog en Hom ’n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader. [Dy lui: “ . . . elke tong sou bely dat die Here Jesus Christus in die heerlikheid van God die Vader is.” Kx en CC sê dieselfde, maar ’n voetnoot in Kx erken: “ . . . die Grieks word moontlik natuurliker weergegee met ‘tot die heerlikheid’”, en NAV, NAB en JB gee dit so weer.]” (Let op dat daar hier getoon word dat Jesus Christus verskillend van God die Vader is en aan Hom onderworpe is.)
Hoe kan ’n persoon Jehovah liefhê as hy Hom ook moet vrees?
Die Bybel sê vir ons dat ons Jehovah moet liefhê (Luk. 10:27) en hom ook moet vrees (1 Pet. 2:17; Spr. 1:7; 2:1-5; 16:6). Heilsame vrees vir God sal ons baie versigtig laat optree sodat ons ons nie sy misnoeë op die hals haal nie. Ons liefde vir Jehovah sal by ons die begeerte wek om te doen wat hom behaag, om ons waardering uit te spreek vir die tallose blyke van sy liefde en onverdiende goedheid.
Ter toeligting: ’n Seun vrees tereg die misnoeë van sy vader, maar waardering vir alles wat sy vader vir hom doen, behoort die seun ook te beweeg om sy vader opreg lief te hê. ’n Paddaman sê moontlik dat hy die see liefhet, maar ’n heilsame vrees daarvoor laat hom besef dat daar sekere dinge is wat hy nie moet doen nie. Ons liefde vir God moet eweneens gepaard gaan met ’n heilsame vrees om enigiets te doen wat sy misnoeë sal meebring.
-
-
Jehovah se GetuiesRedenering uit die Skrif
-
-
Jehovah se Getuies
Definisie: Die wêreldwye Christengemeenskap wat daadwerklik getuig oor Jehovah God en sy voornemens met die mensdom. Hulle baseer hulle leringe uitsluitlik op die Bybel.
Watter leringe van Jehovah se Getuies onderskei hulle van ander gelowe?
(1) Die Bybel: Jehovah se Getuies glo dat die hele Bybel die geïnspireerde Woord van God is, en in plaas van ’n belydenis
-