Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/02 bl. 1
  • Sal jy daar wees?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sal jy daar wees?
  • Ons Koninkryksbediening—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • “Vertrou op Jehovah”-Streekbyeenkoms vir 1987
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Vind ten volle by die “Goddelike Onderrigting”-Streekbyeenkoms vir 1993 baat
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • “Verlossing is op hande!” streekbyeenkoms- van Jehovah se Getuies vir 2006
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Die “God se weg”-internasionale en streekbyeenkomste vir 1998
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2002
km 10/02 bl. 1

Sal jy daar wees?

1 Iemand wat al lank ’n Getuie is, het eenkeer gesê: “As jy die eerste dag van die streekbyeenkoms nie bygewoon het nie, dan het jy net te veel misgeloop!” Waarom het hy so gevoel? Omdat die eerste dag die begin van ’n ryk geestelike feesmaal is wat Jehovah se organisasie vir ons berei het (Jes. 25:6). As ons van die begin af daar is, toon dit dat ons soos die psalmis voel wat gesê het: “Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Laat ons na die huis van Jehovah gaan.’”—Ps. 122:1.

2 Maar by party “Onderrigters van God se woord”-streekbyeenkomste wat verlede jaar gehou is, het heelwat minder Vrydag die byeenkoms bygewoon as Saterdag en Sondag. Dit beteken dat ’n groot persentasie van ons broers nie programdele gehoor het waarin lewensbelangrike inligting oor die profetiese woord bespreek is nie. Hulle het ook nie die geleentheid gehad om aangename omgang met medegelowiges te geniet nie.

3 Moenie toelaat dat sekulêre werk daarop inbreuk maak nie: Party was moontlik bekommerd dat hulle hulle werk sou verloor, en daarom was hulle nie Vrydag daar nie. Maar baie Getuies het al gevind dat hulle werkgewers bereid is om hulle in hierdie saak tegemoet te kom as hulle lank voor die tyd verlof vra. Een werkgewer was so beïndruk deur ’n pioniersuster se vasbeslotenheid om al die gemeentelike vergaderinge en byeenkomste by te woon dat hy ’n hele dag by die byeenkoms was!

4 Jy moenie sommer net aanneem dat jou werkgewer jou nie verlof sal gee nie, en jy moet ook nie tot die gevolgtrekking kom dat dit nie sal saak maak as jy ’n dag van die byeenkoms misloop nie. Berei met hartgrondige oortuiging voor om taktvol vir jou werkgewer uit die Skrif te wys waarom dit ’n belangrike deel van jou aanbidding is om die byeenkoms by te woon (Heb. 10:24, 25). Stel dan jou volle vertroue in Jehovah se beloftes, met die wete dat daar in al jou materiële behoeftes voorsien sal word as jy geestelike belange eerste in jou lewe stel.—Matt. 6:33; Heb. 13:5, 6.

5 Die hoofsaak is waardering vir “die belangriker dinge” (Fil. 1:10, 11; Ps. 27:4). Dit beweeg ons om reëlings te tref om ten volle baat te vind by hierdie lewensbelangrike voorsiening van Jehovah. Begin nou reeds definitiewe reëlings tref en wees vasbeslote dat jy al drie dae daar sal wees!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel