Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/03 bl. 1
  • Toevertrou met die goeie nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Toevertrou met die goeie nuus
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Ons bring “goeie nuus van iets beters”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • ‘Die goeie nuus moet eers verkondig word’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Wat stel jy eerste?
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
    Ons Koninkryksbediening—1997
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2003
km 5/03 bl. 1

Toevertrou met die goeie nuus

1 Hoe bevoorreg is ons tog om met die goeie nuus van God toevertrou te wees! (1 Tess. 2:4). Hoewel party dalk hierdie kragtige boodskap verwerp, word opregtes van hart daardeur aangetrek soos deur ’n lieflike geur (2 Kor. 2:14-16). Vir dié wat die goeie nuus aanneem en gehoorsaam, beteken dit redding (Rom. 1:16). Hoe moet ons na hierdie pand omsien?

2 Jesus en die apostels: Jesus het die verkondiging van die goeie nuus eerste gestel (Luk. 4:18, 43). Selfs wanneer hy moeg en honger was, het sy liefde vir mense en sy waardering vir die boodskap hom beweeg om ander daarvan te vertel (Mark. 6:30-34). Hy het die belangrikheid van die Koninkrykspredikingswerk deur woord en voorbeeld op sy dissipels se harte gedruk.—Matt. 28:18-20; Mark. 13:10.

3 In navolging van Jesus het die apostels die Koninkryksboodskap ywerig bekend gemaak. Selfs toe hulle geslaan is en beveel is om op te hou preek, het hulle “sonder ophou voortgegaan om te leer en die goeie nuus . . . bekend te maak” (Hand. 5:40-42). Die apostel Paulus het onvermoeid in hierdie werk gearbei (1 Kor. 15:9, 10; Kol. 1:29). Hy het die voorreg om die goeie nuus uit te dra, vergelyk met iets wat hy sy medemens verskuldig is, en hy was bereid om persoonlike gerief op te offer om daardie skuld te betaal.—Hand. 20:24; Rom. 1:14-16.

4 Ons voorreg vandag: Waardering vir die heilige opdrag wat ons toevertrou is, sal ons na maniere laat soek om ons aandeel aan die predikingswerk te vergroot (Rom. 15:16). Edward, wat in ’n rolstoel was, het by die ingang van ’n hotel gesit en met die hotelgaste oor sy geloof gepraat. Maar omdat hy graag meer wou doen, het hy ’n spesiale kap op ’n bakkie laat aanbring en met behulp van hierdie voertuig baie jare lank pionierdiens gedoen en duisende kilometers afgelê. Soos Edward, het baie vandag hulle omstandighede aangepas om ’n groter deelname aan die verspreiding van die goeie nuus te hê.

5 Laat ons dus, in navolging van Jesus en die apostels, altyd die predikingswerk die eerste plek in ons lewe gee. Deur dit te doen, lewer ons bewys van ons liefde vir mense sowel as ons waardering vir die goeie nuus wat ons toevertrou is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel