-
Gebruik aktuele sake om belangstelling te wekKoninkryksbediening — 2000 | September
-
-
Gebruik aktuele sake om belangstelling te wek
1 Sal jy graag voortdurend goeie idees wil hê om jou bediening vars te hou en mense se belangstelling in die Bybel se boodskap aan te wakker? Gebruik dan dinge wat in die wêreld en in julle gemeenskap gebeur om gesprekke aan te knoop. Jy kan gebruik maak van dinge wat plaaslik en in die land gebeur of van internasionale nuusberigte. Hierdie dinge verander voortdurend (1 Kor. 7:31). Neem die volgende voorbeelde.
2 Ekonomiese probleme en die lewenskoste is werklike bekommernisse vir mense. Jy kan dus sê:
◼ “Het jy die nuusberigte gehoor dat die prys van [meld die item] weer opgaan?” Of jy kan kommentaar lewer oor werkloosheid as ’n groot firma baie werkers afgedank het. Na gelang van hoe jy die bespreking wil voortsit, kan jy dan vra: “Het jy al ooit gewonder waarom dit so moeilik is om ’n bestaan te maak?” of “Dink jy dat dit maar altyd moeilik sal wees om die pot aan die kook te hou?”
3 Berigte van geweld, soos tragedies in gesinne of onder leerlinge, bied die grondslag vir nog ’n bespreking. Jy kan vra:
◼ “Het jy in die koerant gelees van [meld die tragedie in die gemeenskap]?” Vra dan: “Wat dink jy is die rede vir soveel geweld in die wêreld?” of “Dink jy daar sal ooit ’n tyd kom wanneer ons veilig sal voel?”
4 Nuus oor verwoestende oorstromings, aardbewings of burgerlike onrus in verskillende dele van die wêreld is ook onderwerpe wat belangstelling wek. Jy kan byvoorbeeld vra:
◼ “Is God verantwoordelik vir [meld natuurramp]?” Of jy kan na die jongste geval van burgerlike onrus verwys en sê: “As almal vrede wil hê, waarom is dit so moeilik om dit te bewerkstellig?”
5 Let op na aktuele sake wat jy in jou inleiding kan gebruik. Daar is nuttige wenke onder “Aktuele sake” op bladsye 9-10 in die Redenering-boek. Moet egter nie kant kies in politieke of maatskaplike geskille nie. Vestig eerder die aandag op die Skrif en God se Koninkryk as die enigste permanente oplossing vir die mensdom se probleme.
-
-
Diensrapport vir MeiKoninkryksbediening — 2000 | September
-
-
Diensrapport vir Mei
Aantal Hulp- Gew.
verk. pio. pio.
Botswana 1 156 43 60
Lesotho 2 479 173 209
Namibië 897 43 40
St. Helena 141 - -
Suid-Afrika 66 326 3 046 5 506
Swaziland 2 004 102 180
-
-
VraebusKoninkryksbediening — 2000 | September
-
-
Vraebus
◼ Waarom is dit nuttig vir die gehoor om tekste na te slaan wanneer ’n spreker hulle gedurende sy toespraak nooi om dit te doen?
Faktore soos die onderwerp wat bespreek word en of die toespraak ’n vers-vir-vers-bespreking van ’n deel van God se Woord insluit, sal bepaal hoeveel tekste die gehoor genooi word om na te slaan.
Dit is belangrik om te onthou dat een rede waarom ons tekste naslaan, is om te bevestig dat wat gesê word uit die Bybel kom (Hand. 17:11). Nog ’n rede is om die skriftuurlike getuienis ter ondersteuning van wat bespreek word te ondersoek sodat almal se geloof versterk word. As ’n mens sien wat die Bybel self sê terwyl ’n sleutelteks gelees word, maak dit ’n dubbele indruk op die gedagte. Behalwe dat ’n mens die tekste kan naslaan, is dit ook voordelig om aantekeninge te maak en die gedagtegang te volg.
Hoewel die Genootskap se skets dalk heelwat Bybeltekste in die ontwikkeling van die onderwerp aangee, word dit ter wille van die spreker voorsien om hom met sy voorbereiding te help. Dit kan agtergrondinligting verskaf en hom andersins help om die onderliggende skriftuurlike beginsels goed te snap en die ontwikkeling van die onderwerp te verstaan. Die spreker stel vas watter tekste noodsaaklik is vir die ontwikkeling van die toespraak en nooi die gehoor om saam met hom in hulle Bybel te volg terwyl hierdie tekste gelees en verduidelik word. Ander tekste wat die materiaal ondersteun, kan gemeld en geparafraseer word, maar in sulke gevalle hoef die gehoor dit nie noodwendig na te slaan nie.
Wanneer die spreker gekose tekste lees, moet hy dit direk uit die Bybel doen, nie van ’n rekenaardrukstuk af nie. Wanneer die spreker die gehoor nooi om saam te lees, moet hy die Bybelboek, die hoofstuk en die vers(e) duidelik noem. As die spreker pouseer om ’n vraag te opper of kortliks kommentaar lewer oor waarom die teks gelees word, gee hy die gehoor tyd om die teks te vind. Dit sal die gehoor ook help om die verwysing te onthou as die teksverwysing herhaal word. Dit word egter nie aanbeveel dat ’n bladsynommer genoem word nie, aangesien die bladsynommer verskil na gelang van die Bybelvertaling wat individue in die gehoor gebruik. As die gehoor tekste naslaan wanneer hulle genooi word om dit te doen, sal dit hulle help om baat te vind by die krag van God se Woord wanneer dit in die toespraak verduidelik word.—Heb. 4:12.
-