Lied 55
Wandel daagliks met Jehovah
(Miga 6:8)
1. Hand aan hand met God Jehovah
Wil ons wandel elke dag.
O,hoe onverdiend sy goed heid
Dis iets waarna ons siel smag!
Omdat mense slegs deur afspraak
Hand aan hand met God kan gaan,
Moet ons ons ten eerste toewy,
Dat ons aan sy kant kan staan.
2. Deur te wandel met ons Vader,
Is ons veilig,waarlik wys.
Oral om ons is die vyand
Ons te roof van ons groot prys.
Daar is Satan en sy duiwels,
Die begeertes van die vlees,
Ook die wêreld en sy rykdom.
Op ons hoede moet ons wees!
3. Maar Jehovah help voortdurend
Deur sy Woord en deur sy gees,
Deur gebed en die gemeente,
Waar ons altyd graag wil wees.
Wyl ons wandel met Jehovah,
Laat ons goedheid altyd toon,
Laat ons immer doen wat reg is,
En ons God sal ons beloon.