Lied 26
Voldoen aan God se vereistes
1. Laat ons getrou Jehovah vrees
Deur altyddeur lojaal te wees.
Van huis tot huis met vreugde trou
Sal ons sy naam voor ander hou.
Deur as Getuies troos te bring,
Kan die wat treur weer lag en sing.
Merk aan die voorhoof diéwat sug,
Want God spaar diéwat na hom vlug.
2. As ons ons oësuiwer hou,
Sal waarheidsliefde nooit verflou.
As ons veral ons hart bewaak,
Sal God die lewe ons deel maak.
Spreek ons die Woord tot elke oor
Sal baie so die waarheid hoor.
Rig ons ons treëaltyd reg,
Wag daar groot vreugde op ons weg.
3. Laat ons ons broers voortdurend dien,
Ons naaste se behoefte sien.
En woon met diéin eenheid saam
Wat liefde toon vir God se naam.
As predikers is ons bewus
Watter groot vreugde ons deel is.
Laat ons onreinheid nooit gedoog
En so ons God se naam verhoog.