-
Leer by die seemanDie Wagtoring – 2000 | Augustus 15
-
-
Leer by die seeman
DIT kan baie uitputtend wees om alleen op die oop see te vaar. Omdat moegheid ’n mens jou kragte ontneem, kan dit die seeman maklik in ’n gevaarlike situasie laat beland, waar hy foute maak en verkeerde besluite neem. Daarom besef hy hoe waardevol ’n seeanker is. Dit stel ’n moeë seeman in staat om te rus en sy kragte te herwin sonder dat hy in gevaar indryf. Terselfdertyd dwing die seeanker die boeg teen die wind en golwe in en hou dit die boot koersvas.
Net soos matrose voor talle gevare op see te staan kom, ondervind Christene die voortdurende druk van hierdie wêreld en voel hulle dat hulle rus nodig het. Trouens, Jesus het sy dissipels eenkeer aangeraai om die volgende te doen: “Kom julle alleen na ’n eensame plek en rus ’n bietjie” (Markus 6:31). Vandag neem party dalk ’n paar weke om te reis of gaan hulle ’n naweek weg om saam met hulle gesin te ontspan. Hierdie tye kan verkwikkend wees en ’n mens nuwe krag gee. Maar hoe kan ons seker maak dat ons gedurende sulke tye geestelik veilig is? Wat kan as ons geestelike seeanker dien om ons te help dat ons nie wegdryf nie, maar koersvas, oftewel bestendig, bly?
Jehovah het liefdevol vir ons ’n hulpmiddel voorsien. Dit is niks anders nie as sy Heilige Woord, die Bybel. Deur dit daagliks te lees, kan ons na aan Jehovah bly en nooit van hom af wegdryf nie. Die raad daarin kan ons bestendig maak en ons in staat stel om die versoekings van Satan en sy wêreld te weerstaan. As ons ’n gereelde program van Bybellees het, selfs wanneer ons nie in ons roetine is nie, kan dit vir ons ’n geestelike anker wees.—Josua 1:7, 8; Kolossense 2:7.
Die psalmis herinner ons hieraan: “Welgeluksalig is die man [wie se] behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag” (Psalm 1:1, 2). As ons God se Woord daagliks lees, sal ons “welgeluksalig”, of gelukkig, wees omdat ons waarlik verkwik en versterk sal wees, gereed om met ons Christelike lewenswandel voort te gaan.
-
-
Sal jy ’n besoek verwelkom?Die Wagtoring – 2000 | Augustus 15
-
-
Sal jy ’n besoek verwelkom?
Jy kan selfs in hierdie wêreld vol probleme geluk vind deur juiste Bybelkennis aangaande God, sy Koninkryk en sy wonderlike voorneme vir die mens op te doen. As jy graag meer inligting wil hê of as jy wil hê dat iemand jou tuis moet besoek om ’n gratis Bybelstudie met jou te hou, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika, of na die gepaste adres op bladsy 2.
-