-
’n Hele wêreld is vernietig!Die Wagtoring – 2002 | Maart 1
-
-
het. Daar is egter bewyse dat dit meer as blote geskiedenis is. Die onfeilbare profesieë en diepe wysheid daarin toon dat dit is wat dit sê dit is—God se boodskap aan die mensdom. In teenstelling met mites bevat die Bybel name en datums sowel as geslagsregisters en geografiese besonderhede in sy geskiedkundige verslae. Dit gee ons ’n beskrywing van hoe die lewe voor die Vloed was en openbaar waarom ’n hele wêreld skielik tot ’n einde gekom het.
Wat het verkeerd geloop met daardie mensegemeenskap voor die Vloed? Die volgende artikel bespreek hierdie vraag. Dit is ’n belangrike vraag vir diegene wat dalk wonder hoe veilig die toekoms van ons hedendaagse beskawing is.
-
-
Waarom het daardie eertydse wêreld vergaan?Die Wagtoring – 2002 | Maart 1
-
-
Waarom het daardie eertydse wêreld vergaan?
DIE wêreldwye Vloed was nie ’n natuurramp nie. Dit was ’n strafgerig van God. ’n Waarskuwing is gegee, maar dit is oor die algemeen geïgnoreer. Waarom? Jesus het verduidelik: “[Mense het] in daardie dae voor die vloed . . . geëet en gedrink, manne het getrou en vroue is in die huwelik gegee, tot die dag dat Noag in die ark ingegaan het; en hulle het geen ag daarop geslaan totdat die vloed gekom en hulle almal weggesleur het nie.”—Matteus 24:38, 39.
’n Ontwikkelde beskawing
In sekere opsigte het die beskawing voor die Vloed voordele geniet wat ons nie vandag het nie. Die hele mensdom het byvoorbeeld dieselfde taal gepraat (Genesis 11:1). Dit sou bevorderlik gewees het vir kuns- en wetenskapsprestasies wat die gesamentlike pogings van baie mense met verskillende vaardighede verg. Ook het die lang lewensduur wat die meeste mense toe geniet het, hulle in staat gestel om voort te bou op wat hulle oor die eeue geleer het.
Party beweer dat die lewensduur van die mense in daardie tyd nie werklik so lank was nie en dat die jare waarvan die Bybelverslag praat, in werklikheid maande is. Is dit waar? Wel, dink aan die geval van Mahalalel. Die Bybel sê: “Mahalalel het vyf-en-sestig jaar gelewe en toe die vader van Jared geword. . . . Al die dae van Mahalalel was agthonderd-vyf-en-negentig jaar, en hy het gesterf” (Genesis 5:15-17). As ’n jaar ’n maand beteken, het Mahalalel ’n seun gehad toe hy net vyf jaar oud was! Nee, mense was destyds nader aan die volmaakte lewenskrag van die eerste man, Adam. Hulle het werklik eeue lank gelewe. Maar wat het hulle bereik?
Baie eeue voor die Vloed het die aarde se bevolking in so ’n mate toegeneem dat Adam se seun Kain ’n stad kon bou, wat hy Henog genoem het (Genesis 4:17). In die eeue voor die Vloed het verskeie nywerhede ontwikkel. Daar was smederye vir “elke soort koper- en ysterwerktuig” (Genesis 4:22). Hierdie gereedskap is ongetwyfeld vir bouwerk, houtwerk, kleremakery en in die landbou gebruik. Al hierdie bedrywe word gemeld in die verslae van die aarde se vroegste menslike bewoners.
Die kennis wat opeenvolgende geslagte opgedoen het, sou dit vir hulle moontlik gemaak het om sekere bedrywe te ontwikkel soos metaalbewerking, die landbou, skaap- en beesboerdery, die skryfkuns en die skone kunste. Jubal was byvoorbeeld “die vader van almal wat op die harp en die fluit speel” (Genesis 4:21). Die beskawing het grootliks ontwikkel. Tog het alles skielik tot ’n einde gekom. Wat het gebeur?
Wat het verkeerd geloop?
Ondanks al die voordele wat die gemeenskap voor die Vloed geniet het, het hulle ’n slegte begin gehad. Hulle voorvader, Adam, het teen God in opstand gekom. Kain, die bouer van die eerste stad wat vermeld word, het sy eie broer vermoor. Geen wonder dat boosheid vinnig toegeneem het nie! Die gevolge van die gebrekkige erfenis wat Adam vir sy nageslag nagelaat het, het net al hoe erger geword.—Romeine 5:12.
Sake het blykbaar ’n kritieke punt bereik toe Jehovah besluit het dat hy die situasie nog net 120 jaar lank sou laat voortduur (Genesis 6:3). Die Bybel sê “dat die slegtheid van die mens oorvloedig op die aarde was en dat elke neiging van die gedagtes van sy hart die hele tyd net sleg was. . . . Die aarde het vol geweld geraak.”—Genesis 6:5, 11.
Na verloop van tyd is Noag spesifiek meegedeel dat God alle vlees deur ’n vloed sou vernietig (Genesis 6:13, 17). Hoewel Noag “’n prediker van regverdigheid” geword het, was dit blykbaar vir mense moeilik om te glo dat alles om hulle tot ’n einde gaan kom (2 Petrus 2:5). Net agt mense het op die waarskuwing ag geslaan en is gered (1 Petrus 3:20). Waarom is dit vandag vir ons belangrik?
Hoe raak dit ons?
Ons lewe in tye wat met dié van Noag ooreenkom. Ons hoor gereeld van afgryslike terreurdade, volkslagtings, groot groepe mense wat sonder skynbare rede deur ’n persoon met ’n vuurwapen afgemaai word en van gesinsgeweld wat skokkende afmetings aanneem. Die aarde het weer eens vol geweld geraak, en soos vroeër word die wêreld gewaarsku oor ’n toekomstige oordeel. Jesus het self gesê dat hy as God se aangestelde Regter sou kom en die mense van mekaar sou afskei soos ’n herder die skape van die bokke afskei. Diegene wat onwaardig bevind word, het Jesus gesê, “sal weggaan, die ewige vernietiging in” (Matteus 25:31-33, 46). Die Bybel sê dat daar egter dié keer miljoene oorlewendes sal wees—’n groot menigte wat die enigste ware God aanbid. In die toekomstige wêreld sal hulle die lewe in blywende vrede en veiligheid geniet soos nog nooit tevore nie.—Miga 4:3, 4; Openbaring 7:9-17.
Baie spot met sulke Bybelse stellings en met waarskuwings oor die oordeelsdaad wat die waarheid van hierdie stellings sal bevestig. Maar die apostel Petrus het verduidelik dat sulke siniese mense die feite ignoreer. Hy het geskryf dat daar “in die laaste dae spotters sal kom . . . [wat] sê: ‘Waar is sy beloofde teenwoordigheid dan?’ . . . Want ooreenkomstig hulle wens ontgaan hierdie feit hulle aandag, dat daar van lankal af hemele was en ’n aarde wat kompak bo water uit en te midde van water gestaan het deur die woord van God; en deur dié middele is die wêreld van daardie tyd vernietig toe dit met water oorstroom is. Maar deur dieselfde woord is die hemele en die aarde wat nou is, vir die vuur weggelê en word dit bewaar tot die dag van die oordeel en van die vernietiging van die goddelose mense.”—2 Petrus 3:3-7.
-