Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Aankondigings
    Koninkryksbediening — 2004 | Mei
    • Aankondigings

      ◼ Lektuuraanbod vir Mei: Bied individuele eksemplare van Die Wagtoring sowel as die Ontwaak! aan. Wanneer ons herbesoeke by belangstellendes doen, wat dalk diegene insluit wat die Gedenkmaal of ander teokratiese geleenthede bygewoon het maar nie gereeld met die gemeente omgaan nie, moet ons ’n spesiale poging aanwend om die Aanbid God-boek by hulle te laat. Ons moet alles in ons vermoë doen om ’n tuisbybelstudie te begin, veral met diegene wat reeds die Kennis-boek en die Vereis-brosjure gestudeer het. Junie: Leer by die Groot Onderwyser. As mense sê dat hulle nie kinders het nie, kan die Vereis-brosjure aangebied word. Wanneer die brosjure gebruik word, moet ’n spesiale poging aangewend word om tuisbybelstudies te begin. Julie en Augustus: Enige brosjure met 32 bladsye, behalwe Jehovah se Getuies en opvoeding en Hoe kan bloed jou lewe red?

      ◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Junie of so gou moontlik daarna ouditeer. Sodra dit gedoen is, moet dit in die gemeente aangekondig word ná die volgende rekeningverslag gelees is.

      ◼ LET WEL: Die volgende streekbyeenkomste het verander:

      3-5 DESEMBER:

      Gaborone (Engels) Nuwe datum

      4-5 DESEMBER:

      Rundu (Kwangali) Nuwe datum

      10-12 DESEMBER:

      Vereeniging (Suid-Sotho/Zulu) Nuwe datum

      24-26 DESEMBER:

      Giyani (Tsonga) Nuwe byeenkoms

      Kimberley (Tswana) Nuwe byeenkoms

      Klerksdorp (Tswana) Gekanselleer

      Phalaborwa (Tsonga) Gekanselleer

      31 DESEMBER 2004 –2 JANUARIE 2005:

      Mmabatho (Tswana) Nuwe byeenkoms

      ◼ Nuwe CD beskikbaar:

      Leer by die Groot Onderwyser—Engels

  • ’n Middel om hulle te help
    Koninkryksbediening — 2004 | Mei
    • ’n Middel om hulle te help

      Ware Christene neem deel aan die openbare bediening om die goeie nuus te versprei (Fil. 2:17). Om dit te doen, is daar ’n paar basiese brosjures, traktate en artikels in 20 tale op die Internet by www.watchtower.org. Hierdie webwerf is nie daar om die jongste publikasies onder Jehovah se Getuies te versprei nie. Die doel daarvan is om aan die publiek akkurate inligting te verskaf oor wat Jehovah se Getuies uit die Bybel leer.

      Onlangs is daar ’n belangrike toevoeging tot ons amptelike webwerf gemaak. Dit is die brosjure Wat vereis God van ons? in meer as 220 tale. En vanaf die nommers van 1 Januarie en 8 Januarie 2004 verskyn ons webadres op die agterblad van Die Wagtoring en Ontwaak! in alle tale.

      Hoe kan jy hierdie middel gebruik? Wel, jy ontmoet dalk iemand wat blykbaar belangstel maar slegs ’n ander taal verstaan. As hy toegang tot die Internet het, kan jy vir hom die webadres op die agterblad van Die Wagtoring of Ontwaak! wys. Op hierdie manier kan hy moontlik die Vereis-brosjure in sy eie taal ondersoek totdat jy met lektuur in sy taal kan terugkeer. Of jy kan die besoek vir die gemeente of groep gee wat na sy taal omsien.

  • Teokratiese nuus
    Koninkryksbediening — 2004 | Mei
    • Teokratiese nuus

      ◼ Die volgende gemeentes was verheug toe hulle nuwe Koninkryksale toegewy is: Boitumelo, Molelema (Bloemhof) en Thamoanchi (Kuruman). Ons is saam met hulle bly terwyl hulle voortgaan om Koninkryksbelange te bevorder.

      ◼ In Suid-Afrika het altesaam 9 282 verkondigers uit 426 gemeentes aan die ontoegekendegebied-kampanje vir 2003 deelgeneem, en 5 055 boeke, 40 331 brosjures en 55 231 tydskrifte is versprei. Hulle het 77 983 uur aan die predikingswerk bestee, 6 580 herbesoeke gedoen en 1 594 Bybelstudies gehou.

      Die 29 tydelike spesiale pioniers wat gedurende dieselfde tydperk gedien het, het 751 boeke, 5 801 brosjures en 2 837 tydskrifte versprei. Hulle het 12 534 uur aan die predikingswerk bestee, 3 971 herbesoeke gedoen en 682 Bybelstudies gehou. ’n Paartjie wat teruggegaan het na dieselfde gebied waar hulle in 2002 gewerk het, het gesê hulle is bly dat vier van hulle Bybelstudente van die vorige jaar goeie vordering gemaak en uit hulle kerk bedank het. Twee is nou ongedoopte verkondigers en een het die begeerte uitgespreek om gedoop te word.

  • Hoe om Leer by die Groot Onderwyser aan te bied
    Koninkryksbediening — 2004 | Mei
    • Hoe om Leer by die Groot Onderwyser aan te bied

      ◼ “Dink jy dat die wêreld ’n beter plek sal wees as mense volgens hierdie reël lewe? [Lees Matteus 7:12a. Wag dan vir ’n antwoord.] Hierdie boek bevat baie lesse van die grootste onderrigter wat nog gelewe het.” Vestig die aandag op die prente en byskrifte in hoofstuk 17.

      ◼ “Die meeste ouers probeer vandag heilsame waardes by hulle kinders inskerp. Dink jy dat dit belangrik is? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Spreuke 22:6.] Let op dat ouers aangemoedig word om hulle kinders reeds van ’n vroeë ouderdom af te onderrig. Hierdie boek is bedoel om hulle daarmee te help.” Vestig die aandag op die prente en byskrifte in hoofstuk 15, 18 of 32.

      ◼ “Ouers is dikwels verbaas oor die vrae wat hulle kinders vra. Van daardie vrae kan moeilik wees om te beantwoord, nie waar nie? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan 2 Timoteus 3:14, 15.] Timoteus se moeder en grootmoeder het hom van kleintyd af geleer wat die Skrif sê. Hierdie boek kan ouers help om vandag dieselfde vir hulle kinders te doen.” Vestig die aandag op ’n paar van die prente en byskrifte in hoofstukke 11 en 12 of 34 tot 36.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel