Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/05 bl. 6
  • Probeer ’n aanpasbare benadering

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Probeer ’n aanpasbare benadering
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Voorgestelde velddiensaanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Eenvoudige en doeltreffende aanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Wakker belangstelling aan in God se Koninkryk van vrede
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Hoe om die gesprek te begin wanneer jy teruggaan
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2005
km 1/05 bl. 6

Probeer ’n aanpasbare benadering

Opregte belangstelling in mense sal ons beweeg om te probeer uitvind wat hulle behoeftes is en hulle te wys hoe die Koninkryk al hulle probleme sal oplos (Fil. 2:4). ’n Aanpasbare benadering wat vir baie verkondigers werk, is om die huisbewoner te nooi om kommentaar te lewer oor prente van paradystonele in ons publikasies, soos dié wat in die regterkantste kolom op hierdie bladsy genoem word. Jy kan een van die volgende inleidings hiervoor gebruik:

◼ “Dink jy ons sal ooit sien hoe die mensdom die soort toestande geniet wat hier uitgebeeld word?”

◼ “Ons almal wil graag hê dat ons kinders die soort wêreld moet geniet wat hier uitgebeeld word. Wat dink jy is nodig om dit teweeg te bring?”

◼ “Dit is ’n voorstelling van hoe die aarde sal lyk wanneer God se wil op die aarde geskied net soos in die hemel. Sien jy enigiets wat verskil van hoe die lewe vandag is?”

◼ “Wil jy graag lewe onder die toestande wat hier uitgebeeld word? [Wag vir ’n antwoord.] Dink jy dit sal in ons lewe gebeur?”

Luister aandagtig na die persoon se antwoord, en spoor hom vriendelik aan om sy mening te lug deur een of twee bykomende vrae te vra. As party sê dat hulle nie graag onder die toestande wil lewe wat uitgebeeld word nie of dat hulle nie glo dat so iets moontlik is nie, moet jy nie gou die gevolgtrekking maak dat hulle glad nie belangstel nie. Vra taktvol waarom hulle so voel. Wat hulle sê, toon dalk dat hulle baie besorg is oor die mensdom se probleme wat blykbaar nie opgelos kan word nie.—Eseg. 9:4.

Wanneer jy uitvind waaroor die huisbewoner besorg is, moet jy jou aanbieding dienooreenkomstig aanpas. Beklemtoon die aspek van die Koninkryksboodskap wat vir hom van die grootste belang sal wees. Lees vir hom een of twee tekste wat verband hou met dit waaroor hy besorg is. (Sien wenke in die regterkantste kolom.) Laat hy self sien wat God se Woord sê. As hy belangstelling toon, kan jy die publikasie aanbied en reëlings tref om hom weer te besoek. Bou voort op julle eerste gesprek.

[Venster op bladsy 6]

Voorbeelde van paradystonele

Skepping-boek: bladsye 237, 243, 251

Onderwyser-boek: bladsye 251-4

Kennis-boek: bladsye 4-5, 188-9

Vereis-brosjure: bladsye 11, 13

Ware vrede-boek: bladsy 98

Aanbid God-boek: bladsye 92-3

[Venster op bladsy 6]

Waaroor mense besorg is

Korrupsie, onregverdigheid

Jesaja 9:6, 7;

2 Petrus 3:13

Misdaad, geweld

Psalm 37:10, 11;

Spreuke 2:21, 22

Dood, droefheid

Jesaja 25:8;

Openbaring 21:3, 4

Depressie

Psalm 34:8;

Jesaja 65:17-19

Voedseltekorte, ondervoeding

Psalm 72:16;

Jesaja 25:6

Behuising, ekonomiese probleme

Jesaja 65:21, 22

Swak regering

Psalm 146:3, 4;

Daniël 2:44

Dieremishandeling

Spreuke 12:10

Sedelike verval

2 Timoteus 3:1-5

Armoede, onderdrukking

Psalm 72:12-14;

Prediker 8:9

Vooroordeel, ongelykheid

Jesaja 11:3-5;

Handelinge 10:34, 35

Verderwing van die aarde

Openbaring 11:18

Siekte, gebreke

Jesaja 33:24; 35:5, 6

Oorlog, terrorisme

Psalm 46:8, 9;

Miga 4:3, 4

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel