Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/05 bl. 6
  • Die studie van die Hou aan waak!-brosjure

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die studie van die Hou aan waak!-brosjure
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Onderhofies
  • Week van 23 Mei
  • Week van 30 Mei
  • Week van 6 Junie
  • Week van 13 Junie
  • Week van 20 Junie
Ons Koninkryksbediening—2005
km 4/05 bl. 6

Die studie van die Hou aan waak!-brosjure

Gemeentes oor die hele wêreld sal die brosjure Hou aan waak! gedurende die weke van 23 Mei tot 20 Junie 2005 by die Gemeentelike Boekstudie bestudeer. Gebruik asseblief die volgende vrae om vir hierdie vergadering voor te berei en die vergadering te hou. Lees tydens die studie die gedrukte materiaal, en lees die teksverwysings na gelang van die tyd.

Week van 23 Mei

◼ Bladsye 3-4: Watter van die situasies wat hier genoem word, het al jou lewe geraak? Wat laat jou besef dat hierdie situasies nie net alleenstaande plaaslike gebeure is nie?

◼ Bladsy 5: Wat oortuig jou daarvan dat God werklik omgee? Wat sal toon hoeveel ons vir God omgee en hoeveel ons in sy dade belangstel?

◼ Bladsye 6-8: Wat sê Matteus 24:1-8, 14 oor die betekenis van wêreldtoestande in ons tyd? In watter tydperk lewe ons nou volgens 2 Timoteus 3:1-5? Waarvan is dit die laaste dae? Wat oortuig jou daarvan dat die Bybel werklik God se Woord is? Wat is die Koninkryk wat ons verkondig?

◼ Bladsye 9-10: Waarom moet ons sorgvuldig nadink oor ons daaglikse besluite en oor wat vir ons die belangrikste in die lewe is? (Rom. 2:6; Gal. 6:7). Watter tekste wat ’n uitwerking op jou dade moet hê, kom by jou op wanneer jy die vrae op bladsy 10 deurgaan?

Week van 30 Mei

◼ Bladsy 11: Waarom moet ons persoonlik nadink oor die vrae wat op hierdie bladsy gevra word? (1 Kor. 10:12; Ef. 6:10-18). Wat openbaar ons antwoorde op hierdie vrae oor hoe ernstig ons Jesus se raad in Matteus 24:44 opneem?

◼ Bladsye 12-14: Wat is “die uur van die oordeel” waarvan Openbaring 14:6, 7 praat? Wat beteken dit om ‘God te vrees en hom heerlikheid te gee’? Wat is Babilon die Grote, en wat sal daarmee gebeur? Wat moet ons nou in verband met Babilon die Grote doen? Wat anders sluit die voorspelde oordeelsuur in? Watter uitwerking het die feit dat ons nie “die dag en ook nie die uur” van God se voorspelde voltrekking van oordeel weet nie op ons? (Matt. 25:13).

◼ Bladsy 15: Wat is die soewereiniteitsgeskil, en hoe raak dit ons persoonlik?

◼ Bladsye 16-19: Wat is die “nuwe hemele” en “nuwe aarde”? (2 Pet. 3:13). Wie belowe dit? Watter veranderinge sal die nuwe hemele en nuwe aarde meebring? Sal ons persoonlik daarby baat vind?

Week van 6 Junie

◼ Bladsye 20-1: Watter waarskuwing het Jesus sy eerste-eeuse volgelinge gegee? (Luk. 21:20, 21). Wanneer was dit moontlik om te vlug? Waarom was dit dringend dat hulle sonder versuim vlug? (Matt. 24:16-18, 21). Waarom gee baie mense nie aan waarskuwings gehoor nie? Hoe het duisende mense in China en die Filippyne daarby baat gevind om op waarskuwings uit betroubare bronne ag te slaan? Waarom is dit nog dringender om op die Bybel se waarskuwing oor die einde van die huidige stelsel van dinge ag te slaan? Watter verantwoordelikheid het ons, aangesien dit so dringend is om op dié waarskuwing ag te slaan? (Spr. 24:11, 12).

◼ Bladsye 22-3: Waarom het baie mense in 1974 in Australië en in 1985 in Colombia nie ag geslaan op waarskuwings van ’n ramp nie, en wat was die gevolge? Hoe dink jy sou jy op daardie waarskuwings gereageer het, en waarom? Wat sal toon of ons aan die waarskuwing in Noag se dag gehoor sou gee? Waarom wou mense in en om eertydse Sodom woon? Hoe kan ons daarby baat vind as ons ernstig nadink oor wat in Sodom gebeur het?

Week van 13 Junie

◼ Bladsye 24-7: Gebruik die “Studievrae” op bladsy 27.

Week van 20 Junie

◼ Bladsye 28-31: Gebruik die “Studievrae” op bladsy 31.

Ons bespreking van die brosjure sal ons help om ‘aan te hou waak’ en om gereed te wees. Mag ons openbare bediening altyd die dringendheid van die engel se uitroep weerspieël: “Vrees God en gee hom heerlikheid, want die uur van die oordeel deur hom het aangebreek.”—Matt. 24:42, 44; Op. 14:7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel