Lied 155
“Verwelkom mekaar”!
(Romeine 15:7, NW)
1. Verwelkom nou mekaar soos Jesus ons verwelkom het!
As Christus vir ons broer kon sterf,mag ons hom nie belet.
Laat die wat sterk,volwasse is,aan swakkes hulp verleen.
Help hul om hul hoop vas te maak,bemoedig iedereen.
Want alles wat tevore neergeskryf is in die Woord,
Bring deur ons ferme lydsaamheid geloof en sterk hoop voort.
Ons moet nie net onsself behaag,maar ook ons naaste dien
Deur altyd na ons broeders se belange om te sien.
2. Ons God versamel nou ’n groep wat oorlog nie meer leer,
Want vrede sal gedy as sy geliefde Seun regeer.
Uit elke na sie,stam en taal,trek hy regskapenes.
Sy Woord en gees laat hulle sien wat hul verpligting is.
Tot heerlikheid van God aanvaar ons sonder onderskeid
Die mense wat Jehovah trek deur sy geregtigheid.
Jehovah se grootmoedigheid moet ons vandag betoon.
As ons sy Seun se voorbeeld volg,bewys ons liefde skoon.
3. Ons spoor dus alle volke aan om lof te bring aan God,
Sy nasie by te staan en trou te leef na sy gebod.
En daarom moet ons aanhou preek,in huise en op straat.
Ons moet vandag met iedereen oor God se goedheid praat.
Nooit weer sal ons die voorreg kry om God aldus te eer.
Dis nou die laaste uur vir die wat hul nie wil bekeer.
Ver dedig God se naam en raak met al die broers versoen.
Aan vaar mekaar soos God se Woord ons aansêom te doen.