Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Maak goed van die Bybel gebruik
    Koninkryksbediening — 2004 | September
    • 2. (a) Hoe kan ons ons aanbieding met ’n teks begin? (b) In watter Bybelonderwerpe stel mense in julle gebied belang?

      2 Begin met ’n teks: Party verkondigers begin hulle aanbieding deur die huisbewoner ’n eenvoudige beskouingsvraag te vra oor ’n Bybelteks, wat hulle dan lees. Dit vestig dadelik die aandag op God se Woord. Sal van hierdie inleidings in julle gebied doeltreffend wees?

      ◼ “Sou jy hierdie veranderinge aangebring het as jy die mag gehad het om dit te doen?” Lees Openbaring 21:4.

      ◼ “Waarom lewe ons in sulke kritieke tye?” Lees 2 Timoteus 3:1-5.

      ◼ “Dink jy dat ons omgewing ’n beter plek sou gewees het as almal hierdie raad gevolg het?” Lees Matteus 7:12.

      ◼ “Dink jy jou kinders sal die toestande kan geniet wat hier beskryf word?” Lees Psalm 37:10, 11.

      ◼ “Dink jy die dag sal ooit aanbreek wanneer hierdie woorde vervul word?” Lees Jesaja 33:24.

      ◼ “Weet jy watter verandering van regering hier gemeld word?” Lees Daniël 2:44.

      ◼ “Wou jy God al ooit hierdie vraag vra?” Lees Job 21:7.

      ◼ “Is dit moontlik om ons afgestorwe dierbares weer te sien?” Lees Johannes 5:28, 29.

      ◼ “Weet die dooies wat die lewendes doen?” Lees Prediker 9:5.

  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Koninkryksbediening — 2004 | September
    • Wat ons oor die tydskrifte kan sê

      Wagtoring 15 Sept.

      “Miljoene mense gebruik hierdie bekende woorde in hulle gebede. [Lees Matteus 6:10.] Hoe dink jy sal die lewe wees as God se wil ten volle op die aarde geskied? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif bespreek die betekenis van elke deel van die Onse Vader, onder andere die deel wat ons nou net gelees het.”

      Ontwaak! 22 Sept.

      “Baie mense is bekommerd oor ’n toenemende probleem onder jongmense—fuifdrinkery. Het jy al daarvan gehoor? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Spreuke 20:1.] Fuifdrinkery stel jongmense aan baie gevare bloot. Hierdie artikel bevat inligting wat hulle kan help om die druk te weerstaan om alkohol te misbruik.”

      Wagtoring 1 Okt.

      “Ons almal wil graag die einde van misdaad, geweld en oorlog sien. Dink jy dat ons ooit die vervulling van hierdie woorde sal beleef? [Lees Psalm 37:11. Wag dan vir ’n antwoord.] Dié tydskrif bespreek hoe hierdie belofte verband hou met God se oorspronklike voorneme met die mens en hoe ons daarby kan baat vind.”

      Ontwaak! 8 Okt.

      “Is dit nie jammer dat miljoene ongetroude tienermeisies elke jaar swanger raak nie? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif bespreek stappe wat hulle kan doen om die talle uitdagings van tienermoederskap die hoof te bied. Dit bespreek ook hoe ouers hulle kinders kan help om hierdie probleem in die eerste plek te voorkom.” Lees 2 Timoteus 3:15.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel