-
Gehoor aangemoedig en versterkVind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
-
-
Laat jou vreugde oor wat God nou doen, duidelik wees. Wanneer jy jou broers wil aanmoedig, kan jy die aandag vestig op wat Jehovah nou reeds doen. As dit uit die manier waarop jy oor hierdie dinge praat duidelik blyk dat jy vreugde daaruit put, sal dit soortgelyke gevoelens in die harte wek van dié wat na jou luister.
Dink aan hoe Jehovah ons help om die druk van die lewe die hoof te bied. Hy leer ons wat die beste manier is om te lewe (Jes. 30:21). Hy verduidelik die redes vir misdaad, ongeregtigheid, armoede, siekte en die dood en sê vir ons hoe hy al hierdie dinge tot ’n einde sal bring. Hy omring ons met ’n liefdevolle broederskap. Hy gee ons die kosbare voorreg van gebed. Hy vertrou die voorreg om sy Getuies te wees aan ons toe. Hy open ons oë om te sien dat Christus reeds in die hemel gekroon is en dat die laaste dae van die ou stelsel vinnig tot ’n einde kom.—Op. 12:1-12.
Voeg dan by hierdie seëninge ons gemeentelike vergaderinge en byeenkomste. Wanneer jou opregte waardering vir hierdie voorsienings duidelik blyk uit die manier waarop jy daaroor praat, sal jy ander meer vasbeslote maak om nie die bywoning van vergaderinge met hulle broers na te laat nie.—Heb. 10:23-25.
Verslae wat bewys lewer van Jehovah se seën op ons pogings in die veldbediening is ook ’n bron van krag. Toe Paulus en Barnabas in die eerste eeu op pad was na Jerusalem, het hulle “aan al die broers groot vreugde verskaf” deur in besonderhede te vertel van die bekering van mense van die nasies (Hand. 15:3). Jy kan ook ’n bron van vreugde vir die broers wees deur vir hulle opbouende ondervindinge te vertel.
Mense sal verder aangemoedig word wanneer hulle gehelp word om die waarde te sien van wat hulle doen. Prys hulle vir die aandeel wat hulle aan die Christelike bediening het. Prys diegene wat baie min kan doen weens die beperkings van ouderdom en siekte, maar wat nogtans getrou volhard. Herinner hulle daaraan dat Jehovah nie die liefde vergeet wat hulle vir sy naam getoon het nie (Heb. 6:10). Beproefde geloof is ’n waardevolle besitting (1 Pet. 1:6, 7). Ons broers moet hieraan herinner word.
Praat met gevoel oor ons toekomshoop. Die geïnspireerde beloftes van toekomstige dinge is ’n belangrike bron van aanmoediging vir almal wat lief is vir God. Die meeste van dié in jou gehoor het hierdie dinge moontlik al dikwels gehoor. Maar deur die waardering wat jy toon wanneer jy oor hierdie beloftes praat, kan jy dit laat lewe, vertroue in die vervulling daarvan inboesem en ander se harte van dankbaarheid laat oorloop. As jy toepas wat jy in die Teokratiese Bedieningskool geleer het, kan dit jou help om dit te doen.
Jehovah is self die Groot Aanmoediger en Versterker van sy volk. En tog kan jy met hom saamwerk om vir ander so ’n seën te wees. Maak goed gebruik van die geleentheid om dit te doen wanneer jy met die gemeente praat.
-
-
Hou aan om vooruitgang te maakVind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
-
-
Hou aan om vooruitgang te maak
HET jy aan elke raadgewingspunt in hierdie skoolprogram gewerk? Het jy ook die voorgestelde oefeninge voltooi? Pas jy elke punt toe wanneer jy toesprake hou, hetsy in die skool of tydens ander vergaderinge, en wanneer jy aan die veldbediening deelneem?
Gaan voort om baat te vind by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool. Ongeag hoe lank jy al toesprake hou, daar is gebiede waarop jy verder kan verbeter.
-