Lied 170
‘Laat God waaragtig wees’
1. Jehovah is waaragtig,trou,
’n Leuen kan hy nie spreek.
Op hom kan ons ons steeds verlaat.
Sy woord sal hy nie breek.
Waaragtig sal God bly al is
Elk’mens ’n leuenaar.
Sy Woord staan vas—on aan getas—
Vir ewig bly dit waar.
2. God het sy Seun na ons ge stuur—
Vir ons toon hy die weg.
In woord en daad het hy bewys
Sy God het altyd reg.
Vir hom was God se wil ’n wet;
Gods woord het hy betrag.
Hy doen met vreug,opreg,vol deug,
Wat God van hom verwag.
3. Gods Woord word deur die mens bespot;
Van leuentaal hou hul meer.
Maar ons laat God waaragtig wees;
Vir ons is dit ’n eer.
Vir ons is daardie Woord van
God Die enigste gesag.
Bewys is daar:Die Skrif is waar.
Ons lees dit dag en nag.