-
Waarom ware Christene nie die kruis in aanbidding gebruik nieWat leer die Bybel werklik?
-
-
Blykbaar om dit vir heidene makliker te maak om die “Christelike” godsdiens aan te neem. Verering van enige heidense simbool word nogtans duidelik in die Bybel veroordeel (2 Korintiërs 6:14-18). Die Skrif verbied ook alle vorme van afgodediens (Eksodus 20:4, 5; 1 Korintiërs 10:14). Dit is dus met goeie rede dat ware Christene nie die kruis in aanbidding gebruik nie.a
-
-
Die Here se Aandmaal—’n Viering wat God eerWat leer die Bybel werklik?
-
-
AANHANGSEL
Die Here se Aandmaal—’n Viering wat God eer
CHRISTENE word beveel om die Herdenking van Christus se dood te vier. Hierdie viering word ook “die Here se aandmaal” genoem (1 Korintiërs 11:20). Wat is so belangrik daaromtrent? Wanneer en hoe moet dit gevier word?
Jesus Christus het hierdie viering op die aand van die Joodse Pasga in 33 G.J. ingestel. Die Pasga is net een keer per jaar gevier, op die 14de dag van die Joodse maand Nisan. Om hierdie dag te bereken, het die Jode blykbaar vir die lente-dag-en-nagewening gewag. Dit is die dag wanneer daar ongeveer 12 ure van daglig en 12 ure van donker is. Die eerste verskyning van die nuwemaan naaste aan die lente-dag-en-nag-ewening het die begin van Nisan aangedui. Die Pasga was 14 dae later, ná sononder.
Jesus het die Pasga saam met sy apostels gevier, Judas Iskariot uitgestuur en toe die Here se Aandmaal ingestel. Hierdie maaltyd het die Joodse Pasga vervang en moet derhalwe ook net een keer per jaar gevier word.
Die Evangelie van Matteus sê: “Jesus [het] ’n brood geneem, en nadat hy ’n seën gevra het, het hy dit gebreek en dit vir die dissipels gegee en gesê: ‘Neem, eet. Dit beteken my liggaam.’ Ook het hy ’n beker geneem, en nadat hy gedank het, het hy dit vir hulle gegee en gesê: ‘Drink almal daaruit; want dit beteken my “bloed van die verbond”, wat vir baie uitgestort sal word tot vergifnis van sondes.’”—Matteus 26:26-28.
Party glo dat Jesus die brood in sy letterlike vlees en die wyn in sy bloed verander het. Maar Jesus se vleeslike liggaam was nog ongeskonde toe hy hierdie brood aangebied het. Het Jesus se apostels werklik sy letterlike vlees geëet en sy bloed gedrink? Nee, want dit sou kannibalisme en ’n skending van God se wet gewees het (Genesis 9:3, 4; Levitikus 17:10). Volgens Lukas 22:20 het Jesus gesê: “Hierdie beker beteken die nuwe verbond kragtens my bloed, wat vir julle uitgestort sal word.” Het daardie beker letterlik “die nuwe verbond” geword? Dit sou onmoontlik wees, want ’n verbond is ’n ooreenkoms, nie ’n tasbare voorwerp nie.
Die brood sowel as die wyn is dus net simbole. Die brood beeld Christus se volmaakte liggaam af. Jesus het ’n brood gebruik wat ná die Pasgamaal oorgebly het. Die brood is sonder enige suurdeeg, of gis, gemaak (Eksodus 12:8). In die Bybel word suurdeeg as ’n simbool van sonde of verderwing gebruik. Die brood verteenwoordig dus die volmaakte liggaam wat Jesus geoffer het. Dit was vry van sonde.—Matteus 16:11, 12; 1 Korintiërs 5:6, 7; 1 Petrus 2:22; 1 Johannes 2:1, 2.
Die rooi wyn verteenwoordig Jesus se bloed. Daardie bloed maak die nuwe verbond geldig. Jesus het gesê dat sy bloed “tot vergifnis van sondes” uitgegiet is. Mense kan dus in God se oë rein word en kan in die nuwe verbond met Jehovah kom (Hebreërs 9:14; 10:16, 17). Hierdie verbond, of kontrak, maak dit vir 144 000 getroue Christene moontlik om hemel toe te gaan. Daar sal hulle tot seën van die hele mensdom as konings en priesters dien.—Genesis 22:18; Jeremia 31:31-33; 1 Petrus 2:9; Openbaring 5:9, 10; 14:1-3.
Wie moet hierdie Gedenkmaalembleme gebruik? Logieserwys moet net diegene wat in die nuwe verbond is—dit wil sê diegene wat die hoop het om hemel toe te gaan—van die brood eet en van die wyn drink. God se heilige gees oortuig sulke persone dat hulle gekies is om hemelse konings te wees (Romeine 8:16). Hulle is ook in die Koninkryksverbond met Jesus.—Lukas 22:29.
Wat van dié wat die hoop het om vir ewig in die Paradys op aarde te lewe? Hulle is gehoorsaam aan Jesus se gebod en woon die Here se Aandmaal by, maar hulle kom as eerbiedige waarnemers, nie deelnemers nie. Een keer per jaar, ná sononder op 14 Nisan, vier Jehovah se Getuies die Here se Aandmaal. Hoewel daar wêreldwyd net ’n paar duisend is wat sê dat hulle die hemelse hoop het, lê hierdie viering alle Christene na aan die hart. Dit is ’n geleentheid vir almal om oor die groot liefde van Jehovah God en Jesus Christus na te dink.—Johannes 3:16.
-
-
“Siel” en “gees”—Wat beteken hierdie terme werklik?Wat leer die Bybel werklik?
-
-
AANHANGSEL
“Siel” en “gees”—Wat beteken hierdie terme werklik?
WAT kom by jou op wanneer jy die terme “siel” en “gees” hoor? Baie glo dat hierdie woorde na iets binne-in ons verwys wat onsigbaar en onsterflik is. Hulle dink dat hierdie onsigbare deel van ’n mens die liggaam by die dood verlaat en voortleef. Aangesien hierdie opvatting so algemeen is, is baie mense verbaas om te hoor dat die Bybel dit glad nie leer nie. Wat is die siel dan, en wat is die gees, volgens God se Woord?
“SIEL” SOOS DIT IN DIE BYBEL GEBRUIK WORD
Dink eers aan die siel. Jy onthou dalk dat die grootste deel van die Bybel oorspronklik in Hebreeus en Grieks geskryf is. Wanneer die Bybelskrywers oor die siel geskryf het, het hulle die Hebreeuse woord neʹfesj of die Griekse woord psu·kheʹ gebruik. Hierdie twee woorde verskyn ver oor die 800 keer in die Skrif, en in die Nuwe Wêreld-vertaling word dit deurgaans as “siel” vertaal. Wanneer ’n mens sien hoe “siel” of “siele” in
-