Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/06 bl. 1
  • Moenie die liefde verloor wat jy eers gehad het nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moenie die liefde verloor wat jy eers gehad het nie
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Moenie toelaat dat jou liefde verkoel nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Wat dit beteken om ons naaste lief te hê
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • “Jy moet Jehovah jou God liefhê”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Word opgebou deur liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 12/06 bl. 1

Moenie die liefde verloor wat jy eers gehad het nie

1 Die verheerlikte Jesus het die eerste-eeuse gemeente in Efese gemaan: “Ek [het] dít teen jou, dat jy die liefde wat jy eers gehad het, verlaat het” (Op. 2:4). Blykbaar het baie hulle eerste liefde vir Jehovah verloor. Toe ons die waarheid geleer het, het ons ’n innige liefde vir God en naaste aangekweek, en dit het ons beweeg om ons nuutgevonde hoop ywerig bekend te maak. Wat sal ons help om nie die liefde te verloor wat ons eers gehad het nie, en om ook nie minder ywerig in die bediening te word nie?

2 Persoonlike studie en vergaderingbywoning: Wat het daartoe gelei dat ons liefde vir God en naaste aangekweek het toe ons die waarheid geleer het? Was dit nie alles wat ons oor Jehovah geleer het uit ons studie van die Skrif nie? (1 Joh. 4:16, 19). Ons moet dus voortgaan om juiste kennis in te neem, om in “die diep dinge van God” te delf, sodat ons liefde “steeds oorvloediger mag word”.—Fil. 1:9-11; 1 Kor. 2:10.

3 Dit kan werklik ’n uitdaging wees om ’n goeie roetine van persoonlike studie te handhaaf in hierdie laaste dae wat so vol sorge en afleidings is (2 Tim. 3:1). Ons moet tyd opsysit om geestelike voedsel in te neem. Dit is ook noodsaaklik om gemeentelike vergaderinge gereeld by te woon, veral namate ons “die dag sien nader kom”.—Heb. 10:24, 25.

4 Die bediening: Ywerige deelname aan die bediening help ons om ons eerste liefde vir God te behou. Terwyl ons die goeie nuus verkondig, word ons herinner aan Jehovah se liefdevolle beloftes, en dit help ons om ons hoop helder en ons liefde lewend te hou. Om Bybelwaarhede aan ander te leer, vereis dat ons navorsing doen om dit self goed te verstaan, en dít versterk ons geloof.—1 Tim. 4:15, 16.

5 Jehovah is alles waardig, insluitende ons liefde (Op. 4:11). Moenie toelaat dat joune verflou nie. Hou jou eerste liefde sterk deur ywerig persoonlike Bybelstudie te doen, gereeld vergaderinge by te woon en ywerig aan ander die dinge te verkondig wat jou die naaste aan die hart lê.—Rom. 10:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel