Lied 161
Bid elke dag tot Jehovah
1. Bid tot Jehovah,want hy hoor gebed.
Dit is ons voorreg,want ons hou sy wet.
Ons kan tot hom met vrymoedigheid spreek;
Hy is ons Vader en ons kan hom smeek.
Nader Gods troon elke dag.
2. Bid tot Jehovah elk’dag wat ons leef.
Vra om vergifnis soos ons ook vergeef.
In ons beproewings gee hy ons sy gees.
Met sy beskerming is ons nooit bevrees.
Nader Gods troon elke dag.
3. Bid tot Jehovah as teëspoed ons tref.
Hy is ons Toevlug,dit moet ons besef.
Al ons bekommernis werp ons op God.
Dit is ’n seën en verlig ons swaar lot.
Nader Gods troon elke dag.
4. Bid tot Jehovah; buig dankbaar die hoof.
Moenie vergeet om Jehovah te loof.
Ons word genooi om ons hart uit te stort.
So sal sy goedheid vir ons duid’lik word.
Nader Gods troon elke dag.