Lied 98
Stry vir die geloof
(Judas 3)
1. Net soos God se Seun voorspel het,
Is die aarde vol geweld
Daar geloof en liefde afneem
Wyl die Duiwel hom laat geld.
Daarom moet ons kragtig stry vir
Die geloof,net soos dit hoort,
Soos die eerste Christen stry ders,
Wat geglo het in Gods Woord.
2. Satan moet nooit daarin slaag om
Ons geloof te laat verflou.
Ja,deur diens,gebed en studie
Moet ons ons geloof behou.
Stry nou kragtig vir diewaarheid,
Bly van vrees en twyfel vry.
So sal ons mekaar bemoedig
En mekaar help staande bly.
3. Maak gebruik van elk’geleentheid
Om vir die geloof te stry.
Spreek vrymoedig,trou die waarheid,
Want so maak ons mense vry.
As Jehovah hom regverdig,
Sien ons nooit weer boosheid nie.
Maar op ons wag daar verlossing
Onder sy Teokrasie.