Lied 50
Beantwoord God se liefde
1. O God,so hoog verhewe, Ons dank u vir die lewe;
Jehovah,u verdien al die eer.
U grote naam,diéeer ons,U Woord,dié bestudeer ons
Dat ons van al u weëkan leer.
U teerheid strek tot voordeel,
Regverdig is u oordeel; U openbaar net wysheid en krag.
Wie hart nie laat bederwe,Sal seëninge verwerwe
Terwyl ’n paradys op hul wag.
2. U liefde wat so skoon is En deur u Seun betoon is,
Beweeg ons om in ootmoed te buig.
Hy het u naam geheilig, Ons lewe ook beveilig,
Ja,hy het van u liefde getuig. Hy het vir veel gesterwe
Dat hul die lewe erwe. Nog nooit is groter liefde betoon.
Hy is die Goeie Herder
En lei sy skape verder
Dat hulle op die aarde kan woon.
3. Geen mens kan ons belet nie;
Ons vrees nie hul verset nie;
Die waarheid,onvervals,laat ons hoor.
Met liefde en met vreugde,O God van alle deugde,
Bring ons die goeie nuus na elk’oor.
Ons dien ons God,so magtig,Met liefde,ja,eendragtig;
So blyk dit wie u Seun volg en glo.Ons Koning se talente Gee
ons terug met rente,Dus sal ons hom kan hoor sê:“Mooi so.”