Lied 9
Jehovah se seën maak ryk
1. Ryk is die seën wat Jehovah God gee
Wyl ons verenig bly dien.
Koninkryksarbeid bring groot vreugde mee,
Want dit laat blindes weer sien.
2. Haat en vervolging duur onverpoos voort
Teen al die knegte van God.
Maar Sy genade sien ons in elk’oord.
Daarom hou ons sy gebod.
3. As ons ons bes vir Jehovah God doen
En aan sy diens voorkeur gee,
Raak ons al meer met Jehovah versoen.
Dit bring sy goedkeuring mee.
4. Laat ons,as God se aanbidders,hard werk.
Seëninge is daar genoeg!
Sy goedertierenheid sal ons versterk
Sonder om pyn by te voeg.