Lied 100
Ons is die Heer se leërmag!
(Joël 2:7)
1. Ons is die Heer se leërmag,
onder sy beheer.
Moedig preek ons die boodskap
dat sy Seun nou regeer.
Ons gaan in getrouheid voort
met gewillig gees,
En bly vasbeslote
met geen sweem van vrees.
(REFREIN)
Ons is die Heer se leërmag,
Volg die Lam getrou,
en roep uit met vreugde:
“God se Seun heers nou.”
2. Ons is die Heer se knegte.
Y’wrig gaan ons heen.
Ons soek na al sy skape,
dié wat sug en wat steun.
Ons probeer hul vind en voed,
help hul om te sien
Wat die Bybel leer en
hoe hul God moet dien.
(REFREIN)
Ons is die Heer se leërmag,
Volg die Lam getrou,
en roep uit met vreugde:
“God se Seun heers nou.”
3. Dit is die Heer se leërmag;
Christus voer hul aan.
Toegerus vir die oorlog,
moedig sal hul bly staan.
Soms moet ons versigtig wees,
maar ons bly opreg.
Al is dit gevaarlik,
hou ons op die weg.
(REFREIN)
Ons is die Heer se leërmag,
Volg die Lam getrou,
en roep uit met vreugde:
“God se Seun heers nou.”