Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • rs bl. 56-bl. 60
  • Beelde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Beelde
  • Redenering uit die Skrif
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Christelike beskouing van beelde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Moet God deur middel van beelde aanbid word?
    Ontwaak!—2008
  • Kan beelde jou nader aan God bring?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Beelde
    Ontwaak!—2014
Sien nog
Redenering uit die Skrif
rs bl. 56-bl. 60

Beelde

Definisie: Gewoonlik sigbare voorstellings van persone of dinge. ’n Beeld wat aanbid word, is ’n afgod. Diegene wat dade van aanbidding voor beelde verrig, sê dikwels dat hulle aanbidding in werklikheid gerig is tot die gees wat deur die beeld voorgestel word. Sodanige gebruik van beelde is algemeen in talle nie-Christelike gelowe. Aangaande die Rooms-Katolieke gebruik sê die New Catholic Encyclopedia (1967, Dl. VII, bl. 372): “Aangesien die aanbidding van ’n beeld die persoon wat daardeur voorgestel word, bereik en by hom eindig, kan dieselfde soort aanbidding wat die persoon toekom, gegee word aan die beeld wat die persoon voorstel.” Nie ’n Bybelleerstelling nie.

Wat sê God se Woord oor die maak van beelde wat as voorwerpe van aanbidding gebruik word?

Ex. 20:4, 5: “Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie [“om dit te vereer of te aanbid nie”, LB]; want Ek, die HERE jou God, is ’n jaloerse God.” (Let op dat hulle verbied is om beelde te maak en daarvoor neer te buig.)

Lev. 26:1: “Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en ’n gesnede beeld of ’n klippilaar [“heilige pilaar”, NW] mag julle vir julle nie oprig nie en ’n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God.” (Hulle moes nooit ’n beeld oprig waarvoor mense in aanbidding kon neerbuig nie.)

2 Kor. 6:16, NAV: “Hoe kan ’n ooreenkoms tot stand kom tussen die tempel van God en afgode? Ons is immers die tempel van die lewende God.”

1 Joh. 5:21: “My kinders, bewaar julleself van die afgode [“afgode”, NAV, NAB, Dy, CC; “valse gode”, JB].”

Mag beelde as blote hulpmiddele gebruik word om die ware God te aanbid?

Joh. 4:23, 24: “Die ware aanbidders [sal] die Vader in gees en waarheid . . . aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” (Diegene wat op beelde as hulpmiddele in aanbidding staatmaak, aanbid God nie “in gees” nie, maar hulle maak staat op wat hulle met hulle natuurlike oë kan sien.)

2 Kor. 5:7: “Ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.”

Jes. 40:18, NAV: “Met wie kan julle God dan vergelyk? Met watter beeld kan julle Hom gelykstel?”

Hand. 17:29, NAV: “Aangesien ons dan self van God afstam, moet ons nie dink dat die Godheid aan beelde van goud, silwer of klip gelyk is nie. Dit is bloot skeppinge van menslike vaardigheid en verbeelding.”

Jes. 42:8: “Ek is die HERE [“Jehovah”, NW], dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee nie, of ook my lof aan die gesnede beelde nie.”

Moet ons “heiliges” vereer as voorsprake by God en moontlik beelde van hulle as hulpmiddele in ons aanbidding gebruik?

Hand. 10:25, 26: “Toe Petrus dan binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan en aan sy voete neergeval en hom hulde bewys. Maar Petrus het hom opgerig en gesê: Staan op, ek is self ook maar ’n mens.” (Aangesien Petrus nie sulke verering goedgekeur het toe hy persoonlik aanwesig was nie, sou hy ons dan aanspoor om voor ’n beeld van hom neer te kniel? Kyk ook Openbaring 19:10.)

Joh. 14:6, 14: “Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. . . . As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.” (Jesus sê hier duidelik dat ons die Vader slegs deur hom kan nader en dat ons versoeke in sy naam gerig moet word.)

1 Tim. 2:5: “Daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.” (Dit maak hier geen voorsiening vir ander om in die rol van middelaar vir die lede van Christus se gemeente op te tree nie.)

Kyk ook bladsye 183, 184, onder “Heiliges”.

Het aanbidders hoofsaaklik die persoon wat deur ’n beeld voorgestel word in gedagte, of word sommige beelde belangriker as ander beskou?

Die gesindheid van aanbidders is ’n belangrike faktor. Waarom? Omdat ’n grondliggende verskil tussen ’n “beeld” en ’n “afgod” die gebruik van die beeld is.

Het een beeld van ’n persoon groter waarde in die gedagtes van die aanbidder of is dit belangriker as ’n ander beeld van dieselfde persoon? Dan is dit die beeld, nie die persoon nie, wat die aanbidder hoofsaaklik in gedagte het. Waarom onderneem persone lang pelgrimstogte om by sekere heiligdomme te aanbid? Is dit nie die beeld self wat beskou word as iets met “wonderdadige” kragte nie? In die boek Les Trois Notre-Dame de la Cathédrale de Chartres deur die domheer Yves Delaporte, word ons byvoorbeeld die volgende meegedeel oor beelde van Maria in die katedraal in Chartres, Frankryk: “Hierdie beelde, hetsy dit uitgesny is, geskilder is, of op die kleurvensters verskyn, is nie almal ewe beroemd nie. . . . Slegs drie word waarlik aanbid: Ons Liewe Vrou van die Krip, Ons Liewe Vrou van die Suil en Ons Liewe Vrou van die ‘Belle Verriere’.” Maar as aanbidders hoofsaaklik die persoon in gedagte gehad het, en nie die beeld nie, sou een beeld as net so goed soos ’n ander beskou word, nie waar nie?

Hoe beskou God beelde wat aanbid word?

Jer. 10:14, 15, NAV: “Dan staan elke goudsmid verleë met sy afgodsbeeld, want sy beeld is bedrog, daar is geen lewe in nie. Hulle is nikswerd gode, voorwerpe van spot.”

Jes. 44:13-19, NAV: “Die ambagsman wat hout gebruik, meet met sy maatlyn en merk die beeld se buitelyne af. Hy bewerk hom met beitels en trek sy mate met ’n passer af. Hy maak hom in die vorm van ’n mens, ’n pragtige mens wat in ’n huis moet woon. Die ambagsman kap vir hom seders af, of hy kies sipresse of eike en laat hulle groot word in die bos, of hy plant ’n lourierboom, en die reën laat dit groot word. Dit dien as vuurmaakhout vir die mens; iemand vat daarvan en maak hom warm, of hy maak ’n vuur om brood te bak, of hy maak ’n god en aanbid dit, hy maak ’n beeld en buig daarvoor. ’n Deel van die hout verbrand hy: hy maak kos daarmee gaar, hy braai vleis en eet tot hy genoeg het; hy maak hom ook warm en sê: Dis lekker! Ek is warm, ek geniet die vuur! Van die hout wat oorbly, maak hy ’n god, ’n beeld, hy buig voor hom en aanbid hom, hy bid tot hom en sê: ‘Red my, want jy is my god!’ Sulke mense weet nie wat hulle doen nie, hulle het nie insig nie, hulle oë is toegepleister, hulle sien nie, niks dring tot hulle verstand deur nie. Hulle kom nie tot besinning nie, hulle het te min kennis en verstand om te sê: ‘’n Gedeelte van die hout het ek verbrand, ek het op die kole kos gaar gemaak, ek het vleis gebraai en geëet, en moet ek nou van wat oor is ’n afskuwelike afgod maak, moet ek voor ’n stuk hout buig?’”

Eseg. 14:6, NAV: “So sê die Here my God: Bekeer julle! Laat staan julle afgode [“drekgode”, AB, NW]! Hou op met al julle afskuwelike dade!”

Eseg. 7:20: “Die pragtige sieraad daarvan het hulle as voorwerp van trots opgestel, en die beelde van hul gruwels, hul verfoeisels het hulle daarmee gemaak; daarom het Ek dit vir hulle tot ’n voorwerp van afsku [“onreinheid”, Dy] gemaak.”

Hoe moet ons voel oor enige beelde wat ons vantevore vereer het?

Deut. 7:25, 26: “Die gesnede beelde van hulle gode moet julle met vuur verbrand; die silwer en die goud wat daaraan is, mag jy nie begeer of vir jou neem nie, dat jy nie daardeur verstrik raak nie; want dit is vir die HERE jou God ’n gruwel. En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder die banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal ’n afsku van hê en dit geheel en al as gruwel beskou.” (Hoewel Jehovah se volk vandag nie gemagtig is om die beelde te vernietig wat aan ander mense behoort nie, toon hierdie gebod aan Israel hoe hulle enige beelde in hulle besit en wat hulle vereer het, moet beskou. Vergelyk Handelinge 19:19.)

1 Joh. 5:21: “My kinders, bewaar julleself van die afgode [“valse gode”, JB].”

Eseg. 37:23: “Hulle sal hul nie meer verontreinig met hulle drekgode . . . nie; . . . So sal hulle dan vir my ’n volk wees, en Ek vir hulle ’n God wees.”

Hoe kan die gebruik van beelde in aanbidding ons toekoms raak?

Deut. 4:25, 26: “[As julle] verderflik handel deurdat julle ’n gesnede beeld maak, ’n gelykenis van enigiets [“die een of ander afgod”, Kx], en doen wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God om Hom te terg, dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle dat julle . . . sekerlik verdelg [sal] word.” (God se beskouing het nie verander nie. Kyk Maleagi 3:5, 6.)

1 Kor. 10:14, 20, NAV: “My geliefdes, moet niks met die afgodsdiens te doen hê nie. . . . [omdat] dié wat aan hulle offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê julle moet met duiwels gemeenskap hou nie.”

Openb. 21:8: “Wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars—hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood [“ewige dood”, JB-voetnoot].”

Ps. 115:4-8: “Hulle afgode is silwer en goud, ’n werk van mensehande. Hulle het ’n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie; ore het hulle, maar hoor nie; hulle het ’n neus, maar ruik nie; hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie. Die wat hulle maak, sal net soos hulle word—elkeen wat op hulle vertrou.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel