Lied 90
Die grysheid is ’n kroon
Gedrukte weergawe
1. Van ons broers en susters trou
is nou al bejaard.
Hulle jeug is lank verby,
maar hul bly volhard.
Swakheid haal hul almal in;
Baie is alleen.
Vader, gee hul sterk geloof
en u ryke seën.
(REFREIN)
Vader, u vergeet nie
Hul trou lewensbaan.
Gee hul u versek’ring,
u woord: “Wel gedaan!”
2. Grysheid is ’n kroon van prag;
dis hoe God dit sien.
Hy sal gryses nooit verlaat
wat hom trou bly dien.
Moet nooit uit die oog verloor,
Hul was eens ook jonk.
Hulle het hul bes gedoen
met hul jeugdig vonk.
(REFREIN)
Vader, u vergeet nie
Hul trou lewensbaan.
Gee hul u versek’ring,
u woord: “Wel gedaan!”
(Sien ook Matt. 25:21, 23; Ps. 71:9, 18; Spr. 20:29; Luk. 22:28; 1 Tim. 5:1.)