Lied 22
“Jehovah is my herder”
(Psalm 23)
1. Jehovah God is my Herder;
ek vrees dus geen pyn of leed.
Want hy wat trou vir sy skape sorg,
sal nimmer selfs een vergeet.
Hy lei na waters waar rus is,
verkwik my siel deurentyd.
Hy lei my steeds om sy naams ontwil
in weë van geregtigheid.
Hy lei my steeds om sy naams ontwil
in weë van geregtigheid.
2. Al gaan ek ook deur diep skadu,
nooit vrees ek iets slegs of boos.
Want my Groot Herder is naby my;
sy stok en sy staf vertroos.
My hoof verkwik hy met olie;
my beker is vol bo maat.
Sy guns en goedheid sal my bly volg;
sy huis sal ek nooit verlaat.
Sy guns en goedheid sal my bly volg;
sy huis sal ek nooit verlaat.
3. Hoe wys en goed is my Herder!
Sy lof sal ek steeds besing.
Die blye nuus van sy tere sorg
sal ek ook aan ander bring.
Sy Woord sal ek bly gehoorsaam,
getrou wandel in sy weë.
My diens aan hom is die grootste skat;
ek wil net my beste gee.
My diens aan hom is die grootste skat;
ek wil net my beste gee.