-
Deel 7: Hou progressiewe BybelstudiesKoninkryksbediening — 2005 | Maart
-
-
Deel 7: Hou progressiewe Bybelstudies
Gebed by die studie
1. (a) Waarom is dit gepas dat ’n Bybelstudie met gebed geopen en afgesluit word? (b) Hoe kan ons verduidelik waarom ons by ’n Bybelstudie moet bid?
1 Jehovah se seën is noodsaaklik vir Bybelstudente om geestelike vooruitgang te maak (1 Kor. 3:6). Dit is dus gepas dat ’n gevestigde studie met gebed geopen en afgesluit word. By mense wat godsdienstig is, kan ons dit dikwels van die heel eerste studie af doen. By ander moet ons moontlik onderskei wanneer dit die regte tyd is om by die studie te begin bid. Jy kan Psalm 25:4, 5 en 1 Johannes 5:14 gebruik om die student te help verstaan waarom ons moet bid, en jy kan Johannes 15:16 gebruik om te verduidelik dat dit belangrik is om tot Jehovah te bid deur Jesus Christus.
2. Wie moet bid as ’n gedoopte broer of ’n ongedoopte manlike verkondiger saam met ’n suster na ’n Bybelstudie toe gaan?
2 Wie moet by ’n Bybelstudie bid? As ’n gedoopte broer saam met ’n suster na ’n studie toe gaan, moet hy bid, hoewel die suster die studie kan hou terwyl sy ’n hoofbedekking dra (1 Kor. 11:5, 10). Maar as ’n ongedoopte manlike Koninkryksverkondiger saam met ’n suster na ’n studie toe gaan, moet sy bid. Sy moet dan ’n hoofbedekking dra wanneer sy bid sowel as wanneer sy die studie hou.
3. Wat kan gebede by ’n Bybelstudie gepas insluit?
3 Wat die gebed kan insluit: Gebede by ’n Bybelstudie hoef nie lank te wees nie, maar dit moet spesifiek wees. Behalwe om God se seën op die studie te vra en hom te dank vir die waarhede wat ons geleer het, is dit gepas dat ons Jehovah as die Bron van onderrigting loof (Jes. 54:13). Ons kan ook gedagtes insluit wat toon dat ons opreg in die student belangstel en die organisasie waardeer wat Jehovah gebruik (1 Tess. 1:2, 3; 2:7, 8). As ons Jehovah se seën vra op die student se pogings om toe te pas wat hy leer, kan dit hom help om te sien dat hy ’n ‘dader van die woord’ moet wees.—Jak. 1:22.
4. Watter voordele hou dit in om ’n Bybelstudie met gebed te open en af te sluit?
4 Gebed hou baie voordele in. Dit bring God se seën mee (Luk. 11:13). Dit beklemtoon die erns daarvan om God se Woord te bestudeer. Terwyl die student na ons gebede luister, leer hy hoe om te bid (Luk. 6:40). En gebede uit ’n hart vol liefde vir God en dankbaarheid vir sy weergalose eienskappe kan die student help om ’n persoonlike verhouding met Jehovah aan te kweek.
-
-
Diensrapport vir NovemberKoninkryksbediening — 2005 | Maart
-
-
Diensrapport vir November
Aantal Hulp- Gew.
verk. pio. pio.
Botswana 1 366 40 77
Lesotho 3 004 103 249
Namibië 1 189 30 64
St. Helena 127 - 1
Suid-Afrika 70 123 1 453 6 183
Swaziland 2 153 66 194
-
-
Wat ons oor die tydskrifte kan sêKoninkryksbediening — 2005 | Maart
-
-
Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Wagtoring 15 Mrt.
“Mense oor die hele wêreld prys Jesus se leringe. [Lees aanhaling op bladsy 3, paragraaf 1.] Maar dink jy dat hierdie leringe vandag prakties is, soos die voorbeeld in dié teks? [Lees Matteus 5:21, 22a. Wag dan vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif bespreek wat Jesus mense geleer het en hoe ons daarby kan baat vind.”
Ontwaak! 22 Mrt.
“Baie mense hou van die berge omdat dit so pragtig is, maar het jy geweet dat berge noodsaaklik is vir lewe op aarde? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif bespreek waarom ons berge nodig het en wat vandag daarmee gebeur. Dit noem ook hoe die Skepper hierdie belangrike hulpbron sal red.” Lees Psalm 95:4.
Wagtoring 1 Apr.
“Het jy al mense hoor sê dat die wetenskap en die Bybel mekaar weerspreek? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif ondersoek die konflik wat deur die geskiedenis heen tussen die wetenskap en godsdiens bestaan het. Maar dit lê ook bewyse voor om te toon dat ware wetenskap met die Bybel ooreenstem.” Wys bladsye 6-7. Lees dan Prediker 1:7.
Ontwaak! 8 Apr.
“Hoe dink jy kan ouers hulle kinders help om probleme tydens die moeilike tienerjare te voorkom? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Jesaja 48:17, 18.] Hierdie tydskrif toon hoe die toepassing van Bybelraad ouers kan help om goeie kommunikasie met hulle kinders te hê en vir hulle redelike perke te stel.”
-