Bêre
Hoe beskou ek bloedfraksies en mediese prosedures waarby my eie bloed betrokke is?
Die Bybel beveel Christene om “hulle te onthou van . . . bloed” (Hand. 15:20). Jehovah se Getuies aanvaar dus nie oortappings van heelbloed of die vier hoofkomponente van bloed nie—dit wil sê rooibloedselle, witbloedselle, bloedplaatjies en plasma. Daarbenewens skenk of berg hulle nie hulle eie bloed vir oortapping nie.—Lev. 17:13, 14; Hand. 15:28, 29.
Wat is bloedfraksies, en waarom is die gebruik daarvan ’n saak waaroor elke Christen moet besluit?
Bloedfraksies is elemente wat uit bloed verkry word deur ’n proses wat bekend staan as fraksionering. Plasma, een van die vier hoofkomponente van bloed, kan byvoorbeeld in die volgende stowwe verdeel word: water, ongeveer 91 persent; proteïene, soos albumiene, globuliene en fibrinogeen, ongeveer 7 persent; ander stowwe, soos voedingstowwe, hormone, gasse, vitamiene, afvalstowwe en elektroliete, ongeveer 1,5 persent.
Is die bevel om ons te onthou van bloed ook op fraksies van toepassing? Ons kan nie sê nie. Die Bybel gee nie spesifieke riglyne oor fraksies nie.a Baie fraksies word natuurlik verkry uit bloed wat vir mediese doeleindes geskenk is. Elke Christen moet in ooreenstemming met sy of haar gewete besluit of hy of sy die mediese gebruik van hierdie middels sal aanvaar of nie.
Wanneer jy sulke besluite neem, moet jy jou die volgende vrae afvra: Is ek bewus dat, as ek geen bloedfraksies aanvaar nie, ek ook in werklikheid nee sê vir sekere geneesmiddels, soos dié wat gebruik word om virusse en siektes te beveg, of wat bloed help stol om bloeding te stop? Kan ek vir ’n dokter verduidelik waarom ek die gebruik van sekere bloedfraksies aanvaar of nie aanvaar nie?
Waarom is sommige prosedures waarby die mediese gebruik van my eie bloed betrokke is, ’n persoonlike besluit?
Hoewel Christene nie hulle eie bloed skenk of berg vir oortappingsdoeleindes nie, is daar sommige prosedures of toetse waarby ’n individu se eie bloed betrokke is, en wat nie so duidelik in stryd is met Bybelbeginsels nie. Daarom moet elkeen in ooreenstemming met sy of haar gewete besluit of hy of sy sekere mediese prosedures waarby die gebruik van sy of haar eie bloed betrokke is, sal aanvaar of nie.
Wanneer jy sulke besluite neem, moet jy jou die volgende vrae afvra: As van my bloed uit my liggaam omgelei word en die vloei ’n ruk lank dalk selfs onderbreek word, sal my gewete my toelaat om hierdie bloed nog as deel van my te beskou en dus nie te vereis dat dit ‘op die grond uitgegooi’ word nie? (Deut. 12:23, 24). Sal dit my Bybelopgeleide gewete kwel as van my eie bloed gedurende ’n mediese prosedure getrek, gewysig en dan weer in my liggaam teruggesit word? Is ek bewus dat, as ek geen mediese prosedure aanvaar waarby die gebruik van my eie bloed betrokke is nie, ek in werklikheid ook nee sê vir behandelings soos dialise of die gebruik van ’n hart-long-masjien? Het ek hierdie saak biddend oorweeg voordat ek ’n besluit geneem het?b
Wat is my persoonlike besluite?
Kyk na die twee werkblaaie op die volgende bladsye. Werkblad 1 bevat ’n lys van sekere fraksies wat uit bloed verkry word en hoe hulle oor die algemeen in die geneeskunde gebruik word. Besluit by elkeen of jy die gebruik van die fraksie sal aanvaar of nie, en merk jou antwoord. Werkblad 2 bevat ’n lys van party van die algemene mediese prosedures waarby jou eie bloed betrokke is. Besluit by elkeen of jy die prosedure sal aanvaar of nie, en merk jou antwoord. Hierdie werkblaaie is nie wetlike dokumente nie, maar jy kan jou antwoorde daarop gebruik om jou te help om jou DPA- (“durable power of attorney”) kaart in te vul.
Jy moet jou eie besluite neem, en dit moet nie op iemand anders se gewete gegrond wees nie. So ook moet niemand ’n ander Christen se besluite kritiseer nie. Wat hierdie sake betref, sal “elkeen . . . sy eie vrag dra”.—Gal. 6:4, 5.
[Voetnote]
a Nuttige inligting oor hierdie onderwerp kan gevind word in Die Wagtoring van 15 Junie 2004, bladsye 29-31.
b Die Wagtoring van 15 Oktober 2000, bladsye 30-1, en Transfusion Alternatives—Documentary Series—On DVD voorsien nuttige inligting oor hierdie onderwerp.
[Tabel op bladsy 5]
WERKBLAD 1
ONAANVAARBAAR
VIR CHRISTENE JOU PERSOONLIKE BESLUIT
HEEL-BLOED FRAKSIES Besluite wat
jy moet neem
PLASMA ALBUMIEN—TOT 4% VAN PLASMA
’n Proteïen wat uit plasma
verkry word. Soorte albumien
word ook in plante, in kosse
soos melk en eiers, en in
moedersmelk gevind. ․․ Ek aanvaar
albumien
Albumien uit bloed word of
soms in volume-uitdyers ․․ Ek aanvaar nie
gebruik om skok en ernstige albumien nie
brandwonde te behandel.
Hierdie middels kan tot
25 persent albumien bevat.
Uiters klein hoeveelhede
word ook in die vervaardiging
van talle ander geneesmiddels
gebruik, insluitende sommige
soorte eritropoiëtien (EPO).
IMMUNOGLOBULIENE—TOT 3% VAN PLASMA
Proteïenfraksies wat gebruik
kan word in sommige
geneesmiddels wat virusse
en siektes soos witseerkeel,
klem-in-die-kaak, ․․ Ek aanvaar
virushepatitis en immunoglobuliene
hondsdolheid beveg. of
Dit kan ook gebruik word ․․ Ek aanvaar nie
om beskerming teen sekere immunoglobuliene nie
mediese toestande te bied
wat die lewe van ’n
ontwikkelende baba bedreig,
en om die uitwerking
van slang- of spinnekopgif
teë te werk.
STOLLINGSFAKTORE—MINDER AS 1% VAN PLASMA
Daar is verskeie proteïene
wat bloed help stol om
bloeding te stop. Party
word vir pasiënte gegee ․․ Ek aanvaar
wat geneig is om maklik stollingsfaktore
te bloei. Dit word ook wat uit bloed
in mediese kleefstowwe verkry word
gebruik om wonde te seël of
en bloeding ná ’n operasie ․․ Ek aanvaar nie
te stop. Een kombinasie stollingsfaktore
van stollingsfaktore wat uit bloed
word kriopresipitaat genoem. verkry word nie
Let wel: Party stollingsfaktore
word nou nie meer uit bloed verkry nie.
ROOI SELLE HEMOGLOBIEN—33% VAN ROOI SELLE
’n Proteïen wat suurstof deur
die hele liggaam vervoer
en koolstofdioksied na
die longe neem. ․․ Ek aanvaar
Produkte wat uit hemoglobien
hemoglobien van mense of
of diere ontwikkel word, ․․ Ek aanvaar nie
kan gebruik word om hemoglobien nie
pasiënte met akute
bloedarmoede of groot
bloedverlies te behandel.
HEMIEN—MINDER AS 2% VAN ROOI SELLE
’n Ensiemstremmer wat uit
hemoglobien verkry word
en gebruik word om ’n ․․ Ek aanvaar
groep seldsame genetiese hemien
bloedsiektes (bekend as of
porfirie) teë te werk ․․ Ek aanvaar nie
wat die spysvertering-, hemien nie
senuwee- en
bloedsomloopstelsel aantas.
WIT SELLE INTERFERONS—’N BAIE KLEIN
FRAKSIE VAN WIT SELLE
Proteïene wat sekere ․․ Ek aanvaar
virusinfeksies en interferons
kankers beveg. Die wat uit bloed
meeste interferons verkry is
word nie uit bloed of
verkry nie. Party ․․ Ek aanvaar nie
word uit fraksies interferons
van menslike witbloedselle wat uit bloed
gemaak . verkry is nie
BLOED-
PLAATJIES Tans word geen fraksies van
bloedplaatjies geïsoleer
vir direkte gebruik
in mediese behandeling nie.
[Tabel op bladsy 6]
WERKBLAD 2
JOU PERSOONLIKE BESLUIT
PROSEDURES WAARBY DIE MEDIESE GEBRUIK VAN JOU EIE BLOED BETROKKE IS
*Let wel: Die maniere waarop hierdie mediese prosedures toegepas word, verskil van dokter tot dokter. Jy moet jou dokter vra om te verduidelik presies wat enige voorgestelde prosedure behels om te verseker dat dit met Bybelbeginsels strook asook met wat jy besluit het in ooreenstemming met jou gewete.
NAAM VAN WAT DAARDEUR Besluite wat jy
BEHANDELING BEREIK WORD moet neem
(Jy sal dalk met
jou dokter wil
praat voordat jy
enige van hierdie
prosedures
aanvaar
of nie.)
ELHERWINNING Verminder bloedverlies.
Bloed word tydens ’n
operasie uit ’n wond
of liggaamsholte ․․ Ek aanvaar dit
opgevang. Dit word ․․ Ek sal dit dalk
gewas en gefiltreer aanvaar*
en dan, moontlik ․․ Ek aanvaar
in ’n aaneenlopende dit nie
proses, na die pasiënt
teruggevoer.
BLOEDVERDUNNING Verminder bloedverlies.
Tydens ’n operasie word
bloed na sakkies herlei
en met bloedlose ․․ Ek aanvaar dit
volume-uitdyers ․․ Ek sal dit dalk
vervang. Die bloed aanvaar*
wat tydens die operasie ․․ Ek aanvaar
in die pasiënt oorbly, dit nie
is verdun en bevat dus
minder rooibloedselle.
Gedurende of aan die
einde van die operasie
word die herleide bloed
na die pasiënt teruggevoer.
DIALISE Hou bloed in sirkulasie.
Bloed word na ’n kunsmatige
hart-long-masjien ․․ Ek aanvaar dit
herlei, waar dit ․․ Ek sal dit dalk
van suurstof aanvaar*
voorsien en na ․․ Ek aanvaar
die pasiënt dit nie
teruggevoer word.
HART-LONG- MASJIEN Doen die werk van ’n orgaan.
Gedurende hemodialise
sirkuleer bloed deur ․․ Ek aanvaar dit
’n masjien wat ․․ Ek sal dit dalk
dit filtreer en aanvaar*
skoonmaak voordat ․․ Ek aanvaar
dit na die pasiënt dit nie
teruggevoer word.
EPIDURALE Stop lekkasie van rugmurgvog.
BLOEDPLEISTER ’n Kleinhoeveelheid van
die pasiënt se eie ․․ Ek aanvaar dit
bloed word in die ․․ Ek sal ditdalk
membraan om die aanvaar*
rugmurg ingespuit. ․․ Ek aanvaar
Dit word gebruik om dit nie
’n gaatjie te seël
waar rugmurgvog uitlek.
PLASMAFARESE Behandel siekte.
Bloed word getrek en
dan gefiltreer om plasma
te verkry. ’n
Plasmaplaasvervanger
word bygevoeg en die
bloed word na die
pasiënt teruggevoer. ․․ Ek aanvaar dit
Party dokters sal ․․ Ek sal dit dalk
dalk plasma van ’n aanvaar*
ander persoon wil ․․ Ek aanvaar
gebruik om die pasiënt ․․ dit nie
se bloedplasma te
vervang. Indien wel,
sou hierdie opsie
onaanvaarbaar wees
vir ’n Christen.
ETIKETTERING Siekte word gediagnoseer of behandel.
’n Hoeveelheid bloed
word getrek, met ․․ Ek aanvaar dit
medisyne gemeng ․․ Ek sal dit dalk
en na die pasiënt aanvaar*
teruggevoer. ․․ Ek aanvaar
Die tyd wat ’n dit nie
mens se bloed buite
jou liggaam is, sal
dalk verskil van geval tot geval.
BLOEDPLAATJIEJEL; Seël wonde, verminder bloeding.
OUTOLOË (WAT BETEKEN ’n Hoeveelheid bloed
DAT DIT “VAN JOU EIE wordgetrek engekonsentreer
BLOED GEMAAK” IS) totdat dit ’n oplossing vorm
wat ryk aan bloedplaatjies en wit selle is.
Hierdie oplossing word op
operasiewonde of ander wonde
aangewend. Let wel: In party
samestellings word ’n stollingsfaktor
gebruik wat uit beesbloed verkry word.