Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Organisasie
    Redenering uit die Skrif
    • (1) Dit verhef Jehovah waarlik as die enigste ware God en verheerlik sy naam.—Matt. 4:10; Joh. 17:3.

      (2) Dit erken ten volle die lewensbelangrike rol van Jesus Christus in Jehovah se voorneme—as die verdediger van Jehovah se soewereiniteit, die Leidsman tot die lewe, die hoof van die Christengemeente, die heersende Messiaanse Koning.—Openb. 19:11-13; 12:10; Hand. 5:31; Ef. 1:22, 23.

      (3) Dit hou streng by God se geïnspireerde Woord en baseer al sy leerstellings en gedragstandaarde op die Bybel.—2 Tim. 3:16, 17.

      (4) Dit bly afgeskeie van die wêreld.—Jak. 1:27; 4:4.

      (5) Dit handhaaf ’n hoë standaard van sedelike reinheid onder sy lede, want Jehovah self is heilig.—1 Pet. 1:15, 16; 1 Kor. 5:9-13.

      (6) Dit gee die voorkeur aan die werk wat die Bybel vir ons dag voorspel het, naamlik die verkondiging van die goeie nuus van God se Koninkryk in die hele wêreld tot ’n getuienis.—Matt. 24:14.

      (7) Ondanks menslike onvolmaaktheid kweek en openbaar die lede daarvan die vrug van God se gees—liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing—en wel in so ’n mate dat dit hulle van die wêreld oor die algemeen onderskei.—Gal. 5:22; Joh. 13:35.

  • Paradys
    Redenering uit die Skrif
    • Paradys

      Definisie: In die Griekse Septuaginta-vertaling van die Bybel het die vertalers gepas die term “paradys” (pa·raʹdei·sos) vir die tuin van Eden gebruik, daar dit klaarblyklik ’n ingeslote park was. Ná die verhaal in Genesis het Bybeltekste wat van die paradys praat betrekking op (1) die tuin van Eden self, of (2) die aarde in sy geheel wanneer dit in die toekoms in ’n toestand soos dié van Eden omgeskep sal wees, of (3) florerende geestelike toestande onder God se knegte op aarde of (4) voorsienings in die hemel wat ’n mens aan Eden herinner.

      Praat die “Nuwe Testament” van ’n toekomstige aardse paradys, of is dit slegs die “Ou Testament” wat daarvan praat?

      Dit is nie Skriftuurlik om die Bybel in twee dele te verdeel en verklarings te beoordeel op grond daarvan of hulle in die “Ou” deel of die “Nuwe” deel is nie. In 2 Timotheüs 3:16 word ons meegedeel: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing.” Romeine 15:4 verwys na die voorchristelike geïnspireerde Skrifte wanneer dit sê: “Alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe.” ’n Betroubare antwoord op die vraag moet dus die hele Bybel in ag neem.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel