Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • rs bl. 133-bl. 136
  • Filosofie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Filosofie
  • Redenering uit die Skrif
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah se gebruik van “dwaasheid” om die wat glo te red
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Ware wysheid roep hard uit
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • “Hoe diep is God se . . . wysheid . . . tog!”
    Kom nader aan Jehovah
  • ‘Gelukkig is die mens wat wysheid gevind het’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Redenering uit die Skrif
rs bl. 133-bl. 136

Filosofie

Definisie: Die woord filosofie is ontleen aan Griekse grondwoorde wat “liefde vir wysheid” beteken. Soos dit hier gebruik word, is filosofie nie op geloof in God gebou nie, maar probeer dit om mense ’n verenigde beskouing van die heelal te gee en poog dit om hulle kritiese denkers te maak. Dit maak hoofsaaklik gebruik van bespiegeling eerder as waarneming in ’n soeke na die waarheid.

Hoe kan enigeen van ons ware kennis en wysheid verkry?

Spr. 1:7; Ps. 111:10: “Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis . . . [en] van die wysheid.” (Indien die heelal nie die produk van ’n intelligente Skepper is nie, maar slegs van ’n blinde, redelose krag, sou geen verenigde beskouing van die heelal moontlik wees nie, nie waar nie? Niks wat as wysheid bestempel kan word, kan voortspruit uit ’n studie van iets wat op sigself redeloos is nie, nie waar nie? Diegene wat poog om die heelal, of die lewe self, te verstaan terwyl hulle probeer om God en sy voorneme buite rekening te laat, word voortdurend gefrustreer. Hulle vertolk die dinge wat hulle leer verkeerd en gebruik die feite wat hulle versamel verkeerd. Wanneer geloof in God buite rekening gelaat word, vernietig dit die sleutel tot juiste kennis en maak dit enige waarlik konsekwente gedagteraamwerk onmoontlik.)

Spr. 2:4-7: “As jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte, dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind . . . want die HERE gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand, en Hy bewaar hulp vir die opregtes.” (Jehovah verleen die nodige hulp deur sy geskrewe Woord en sy sigbare organisasie. ’n Opregte begeerte en persoonlike inspanning, asook die konstruktiewe gebruik van ’n mens se denkvermoë, is nodig.)

Is dit realisties om te verwag om absolute waarheid by hierdie Bron te vind?

2 Tim. 3:16; Joh. 17:17: “Die hele Skrif is deur God ingegee.” “[Jesus het vir sy hemelse Vader gesê:] U woord is die waarheid.” (Is dit nie redelik dat die Skepper van die heelal dit ten volle sou verstaan nie? In die Bybel het hy nie vir ons alles oor die heelal vertel nie, maar die dinge wat hy wel daarin laat opteken het, is nie bespiegeling nie; dit is die waarheid. Hy het ook in die Bybel gesê wat sy voorneme met die aarde en die mensdom is en hoe hy dit gaan volbring. Sy almag, oortreffende wysheid, volmaakte geregtigheid en groot liefde waarborg dat hierdie voorneme ten volle vervul sal word, en op die beste manier moontlik. Sy eienskappe verseker ons gevolglik dat sy verklaring van voorneme volkome betroubaar is; dit is die waarheid.)

Wat is die oorsprong van menslike filosofieë?

Dit ontstaan by mense met beperkinge: Die Bybel deel ons mee “dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ’n man om te loop en sy voetstappe te rig nie” (Jer. 10:23). Die geskiedenis getuig dat pogings om daardie beperking te ignoreer nie goeie vrugte afgewerp het nie. Eenkeer “het die HERE Job uit ’n storm geantwoord en gesê: Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis? Gord dan soos ’n man jou heupe—dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My. Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het” (Job 38:1-4). (Mense het van nature beperkinge. Daarbenewens is hulle ondervinding in die lewe betreklik kort en gewoonlik beperk tot een kultuur of een milieu. Hulle kennis is dus beperk, en alles is in so ’n mate onderling verbind dat hulle voortdurend aspekte vind wat hulle nie behoorlik in aanmerking geneem het nie. Enige filosofie wat by hulle ontstaan, sal hierdie beperkinge weerspieël.)

Dit word verder ontwikkel deur mense wat onvolmaak is: “Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Rom. 3:23). “Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood” (Spr. 14:12). (As gevolg van sulke onvolmaaktheid weerspieël menslike filosofieë dikwels ’n basiese selfsug wat moontlik tot kortstondige genot lei, maar ook tot frustrasie en baie ongelukkigheid.)

Dit word deur duiwelse geeste beïnvloed: “Die hele wêreld [lê] in die mag van die Bose” (1 Joh. 5:19). “Die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp” (Openb. 12:9). “Julle [het] tevore gewandel . . . volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk” (Ef. 2:2). (Filosofieë wat mense aanspoor om ongehoorsaam te wees aan God se heilsame en regverdige vereistes weerspieël so ’n invloed. Dit is geen wonder nie dat menslike filosofieë en planne dikwels vir groot dele van die mensdom smart meegebring het, soos die geskiedenis dan ook getuig.)

Waarom is dit ’n blyk van helder denke as ’n mens die leer van Jesus Christus in plaas van menslike filosofie bestudeer?

Kol. 1:15-17: “Hy [Jesus Christus] is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is . . . alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.” (Sy intieme verhouding met God stel hom in staat om ons te help om die waarheid oor God te leer. As die een deur wie alle ander dinge gemaak is, het Jesus daarbenewens ’n deeglike kennis van die ganse geskape heelal. Geen menslike filosoof kan enige van hierdie dinge aanbied nie.)

Kol. 1:19, 20: “Dit het die Vader behaag dat in Hom [Jesus Christus] die ganse volheid sou woon en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis.” (Jesus Christus is dus die een deur wie God hom voorgeneem het om die hele skepping weer met hom te verenig. Dit is ook aan Jesus dat God heerskappy oor die ganse aarde toevertrou het, soos getoon in Daniël 7:13, 14. Ons lewensvooruitsigte vir die toekoms hang dus daarvan af of ons hom leer ken en gunstig op sy onderrig reageer.)

Kol. 2:8: “Pas op dat niemand julle as ’n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.” (Watter groot fout sal dit tog wees om sulke bedrieglike, menslike filosofieë te verkies bo die verkryging van ware wysheid as ’n dissipel van Jesus Christus, naas God die grootste persoon in die heelal!)

Hoe beskou God die “wysheid” wat deur menslike filosofie aangebied word?

1 Kor. 1:19-25: “Daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak. Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie? Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid [soos dit vir die wêreld lyk] van die prediking die wat glo, te red . . . Want wat dwaas is by God [soos die wêreld dit beskou], is wyser as die mense; en wat swak is by God [soos die wêreld dit sien], is sterker as die mense.” (Hierdie beskouing van God is beslis nie arbitrêr of onredelik nie. Hy het ’n duidelike uiteensetting van sy voorneme in die Bybel, die boek met die grootste verspreiding in die wêreld, voorsien. Hy het sy getuies gestuur om dit te bespreek met almal wat wil luister. Hoe dwaas tog van enige skepsel om te dink dat hy groter wysheid as God het!)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel