Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • fg les 1 vrae 1-3
  • Wat is die goeie nuus?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is die goeie nuus?
  • Goeie nuus wat van God kom!
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom moet ons by God leer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Wat is God se voorneme met die aarde?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Wat is God se doel met die aarde?
    Goeie nuus wat van God kom!
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Goeie nuus wat van God kom!
fg les 1 vrae 1-3

LES 1

Wat is die goeie nuus?

1. Wat is die nuus wat van God kom?

Mense geniet lewe op die aarde

God wil hê dat mense die lewe op die aarde moet geniet. Hy het die aarde en alles daarop geskep omdat hy die mens liefhet. Binnekort sal hy iets doen sodat mense regoor die wêreld ’n beter toekoms kan hê. Hy sal die dinge wat veroorsaak dat mense swaarkry, wegneem. – Lees Jeremia 29:11.

Geen regering het dit al ooit reggekry om geweld, siekte of die dood weg te neem nie. Maar daar is goeie nuus. God sal binnekort alle menseregerings met sy eie regering vervang. Dan sal mense vrede en goeie gesondheid geniet. – Lees Jesaja 25:8; 33:24; Daniël 2:44.

2. Hoekom is dit so belangrik dat ons weet wat die goeie nuus is?

Swaarkry sal net ophou wanneer God slegte mense van die aarde verwyder (Sefanja 2:3). Wanneer sal dit gebeur? God se Woord het die probleme wat mense nou het, voorspel. Die slegte dinge wat nou gebeur, wys dat God binnekort iets gaan doen. – Lees 2 Timoteus 3:1-5.

3. Wat moet ons doen?

Ons moet van God leer uit sy Woord, die Bybel. Dit is soos ’n brief van ’n liefdevolle pa. Dit sê vir ons hoe ons nou ’n beter lewe kan hê en hoe ons in die toekoms ewige lewe op die aarde kan geniet. Party mense sal nie daarvan hou dat jy gehelp word om die Bybel te verstaan nie. Maar die kans om ’n beter toekoms te hê, is te wonderlik om verby te laat gaan. – Lees Spreuke 29:25; Openbaring 14:6, 7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel