Koninkryksaalkonstruksie kan jy meer doen?
1-3. Hoe seën Jehovah die bou van Koninkryksale, en waarom is meer vrywilligers nodig?
1 Wat ’n vreugde is dit tog om maand ná maand aankondigings in Ons Koninkryksbediening te sien oor nuwe Koninkryksale wat toegewy is! Danksy die harde werk van vrywilligers wat betrokke is by Koninkryksaalkonstruksie is daar al meer as 1 000 Koninkryksale in die gebied onder die toesig van die Suid-Afrikaanse takkantoor toegewy. Alle lof kom Jehovah toe, wie se gees sy gewillige volk motiveer.—Sag. 4:6.
2 Elke jaar word ongeveer 70 nuwe gemeentes in ons veld gestig. Dit beteken dat byna 45 nuwe Koninkryksale elke jaar nodig is. In die 2012-diensjaar is 44 nuwe Koninkryksale gebou. Daar is dus ’n dringende behoefte aan meer vrywilligers om die bou van Koninkryksale te help bespoedig!
3 Bo en behalwe die jaarlikse groei het ons veld nog 293 Koninkryksale nodig. Party groot gemeentes kom nog steeds in agterplase, huise, garages of gehuurde sale vir aanbidding byeen. Baie van die bestaande Koninkryksale moet ook opgeknap word. Hoe sal al hierdie werk gedoen word?
4. Hoe word Koninkryksaalbouprojekte goedgekeur, en watter voordele hou dit in om standaardontwerpe te hê en dat die takkantoor standaard-konstruksie-items vir Koninkryksale in voorraad hou?
4 Organisasie van Koninkryksaalkonstruksie: Die Koninkryksaalkonstruksie-afdeling by die Suid-Afrikaanse takkantoor hou toesig oor al die werk in verband met die bou en instandhouding van Koninkryksale. Gemeentes moet skriftelike toestemming van die takkantoor kry voordat enige grond gekoop of konstruksie beplan word. Die gemeente moet die projek fisies en finansieel kan ondersteun. Die takkantoor voorsien standaardontwerpe vir Koninkryksale asook standaard-konstruksie-items.—Sien die vensters “Standaardontwerpe”, op bladsy 4, en “Standaarditems vir Koninkryksaalbouprojekte”, op bladsy 6.
5. Noem twee liefdevolle reëlings wat getref is om gemeentes te help om ’n Koninkryksaal te kan bekostig.
5 Die finansiering van Koninkryksaalbouprojekte: Gemeentes kan by die organisasie aansoek doen om ’n lening, wat oor ’n tydperk van tot 20 jaar sonder rente terugbetaal kan word. Maar party gemeentes is baie arm en kan nie ’n lening terugbetaal nie. Die Bestuursliggaam het liefdevol reëlings getref sodat sulke gemeentes ’n Koninkryksaal kan hê. Onder hierdie reëling behoort die Koninkryksaal aan die takkantoor, en die gemeente neem ’n resolusie om vir ’n onbepaalde tyd tot die Wêreldwye Koninkryksaalboufonds by te dra. Elke verkondiger in die gemeente neem hom voor om elke maand ’n sekere bedrag by te dra (Matt. 5:37). Instandhoudings- en bedryfskoste word deur die gemeente gedek.
6, 7. (a) Wat is ’n Koninkryksaalbougroep? (b) Wat behels eiendomsverkryging en die wetlike aspekte verbonde daaraan? (Sien die venster.)
6 Koninkryksaalbougroepe: ’n Nuwe reëling is ingestel om in die dringende behoefte aan meer Koninkryksale te voorsien. Die takkantoor het ses Koninkryksaalbougroepe in Suid-Afrika gestig. Die takkantoor hou ook toesig oor 22 Streekboukomitees. Dit is ’n unieke situasie, aangesien die meeste takkantore van slegs een reëling gebruik maak om oor die bou van Koninkryksale toesig te hou.
7 Koninkryksaalbougroepe is voltyds betrokke by die bou van Koninkryksale. Hierdie groepe bestaan uit permanente Koninkryksaalbouknegte en tydelike Koninkryksaalbouvrywilligers. Dit is albei vorme van die voltydse diens. Daar word op soortgelyke wyse vir hierdie knegte en vrywilligers gesorg as vir diegene in ander vorme van spesiale voltydse diens. Tydens ’n Koninkryksaalbouprojek werk hierdie gekwalifiseerde broers en susters saam met vrywilligers van die gemeente en gee hulle hulle nodige opleiding. Wil jy graag hiermee help?
8. Wat kan jy verwag as jy ’n Koninkryksaalboukneg word?
8 Koninkryksaalbouvrywilligers word vir ’n tydperk van tot drie maande aangestel. Die takkantoor sal na gelang van die behoefte ’n vrywilliger vra om as ’n Koninkryksaalboukneg aansoek te doen. Diegene wat as Koninkryksaalbouknegte dien, ontvang ’n klein maandelikse toelaag om persoonlike uitgawes te dek. Hierdie vrywilligers vind ’n balans tussen die harde fisiese werk wat hulle doen en hulle geestelike roetine. Die Koninkryksaalbougroep het ’n betekenisvolle aandeel aan die veldbediening, het ’n weeklikse bespreking van Die Wagtoring en woon gemeentelike vergaderinge gereeld by. Dikwels bly die groep in tente of gehuurde akkommodasie naby die Koninkryksaalbouterrein. Hulle lei ’n eenvoudige lewe en die omstandighede is nie altyd maklik nie, maar vir hulle is dit ’n groot seëning om te sien hoe duisende broers en susters in waardige plekke van aanbidding vergader wat eer bring op Jehovah se naam.
9, 10. (a) Watter rol speel die Streekboukomitee, en op wie maak hulle staat? (b) Hoe kan gesinne met die werk help?
9 Streekboukomitees: Streekboukomitees maak op goedgekeurde plaaslike vrywilligers staat om Koninkryksale te bou en op te knap. Hierdie vrywilligers werk meestal oor naweke. Streekboukomitees is ook daarvoor verantwoordelik om ander op te lei om bestaande Koninkryksale te inspekteur en in stand te hou.
10 Plaaslike vrywilligers is Streekboukomitees se grootste bate. Goedgekeurde vrywilligers word aan spanne toegewys en sal ook moontlik sekere vaardighede geleer word. Hierdie vrywilligers is selfopofferende persone wat seker maak dat hulle nooit hulle geestelike verantwoordelikhede verwaarloos nie en wat soveel as moontlik in die Koninkrykspredikingswerk doen. Ouers word aangespoor om saam met hulle kinders as vrywilligers te dien. Vrywilligers tussen die ouderdom van 13 en 15 jaar kan onder die toesig van hulle ouers werk. Reëlings word ook getref om naby die bouterrein na jonger kinders om te sien terwyl hulle ouers met die bouwerk help. Sodoende kan die hele gesin betrokke wees by hierdie opwindende werk.
11. Hoe kan jy ’n bydrae lewer tot die bou en instandhouding van Koninkryksale, al het jy beperkende omstandighede?
11 Daar was nog nooit so ’n dringende behoefte aan vrywilligers om met die bou en instandhouding van Koninkryksale te help nie. Dalk kan jy nie op die oomblik as ’n voltydse vrywilliger dien nie. Maar kan jy jou oor naweke as ’n plaaslike vrywilliger aanbied? Miskien kan jy help om kos voor te berei of vrywilligers huisves. Enige bydrae, ongeag hoe klein, bevorder Jehovah se voorneme.
12. Wie is verantwoordelik vir die instandhouding van ’n Koninkryksaal?
12 Die instandhouding van Koninkryksale: Gemeentes is baie opgewonde wanneer ’n nuwe Koninkryksaal gebou word. Nadat ’n Koninkryksaal voltooi is, is elke verkondiger verantwoordelik vir die instandhouding daarvan.
13. Hoe kan die toestand van die Koninkryksaal Jehovah in ’n goeie of slegte lig stel?
13 Stel jou voor dat jou sitkamer deurmekaar is en jy onverwags gaste kry. Sal dit jou nie laat skaamkry nie? Waarom? Omdat dit jou gesin in ’n slegte lig stel. Die Koninkryksaal verteenwoordig Jehovah God en sy volk. Wat sien besoekers wanneer hulle by die Koninkryksaal aankom? Is die badkamers skoon? Lyk die stoele en mat skoon en netjies? Is die vensters skoon? Stel ons Koninkryksaal ons ordelike en allerheilige God, Jehovah, in ’n goeie lig?—Spr. 9:10; 1 Kor. 14:33.
14, 15. Hoe kan ons waardering toon vir ons Koninkryksaal?
14 Ons moet in gedagte hou dat ons Koninkryksaal ’n ruimhartige gawe van God is en dat ons ons waardering daarvoor kan toon deur die manier waarop ons daarna omsien. Ons kan ons gerus afvra: Help ek om die Koninkryksaal skoon en netjies te hou? Gebruik ek my tyd en energie om met die instandhouding van die Koninkryksaal te help?
15 Mag ons as individue en gesinne biddend nadink oor hoe ons ’n groter bydrae kan lewer om meer plekke van aanbidding te bou en hulle in stand te hou. Jehovah het in verband met sy tempel gesê: “My naam . . . en my oë en my hart sal beslis altyd daar wees.”—1 Kon. 9:3.
[Venster op bladsye 3]
Vir meer inligting, kontak:
Koninkryksaalkonstruksie-afdeling
Telefoon: +27 11 761 1431
Faks: +27 11 761 1890
e-pos: khcd.za@jw.org
[Venster op bladsye 3]
• Toesig
• Finansiering
• Standaardontwerp
• Koninkryksaalbougroepe
• Eiendomsverkryging en die wetlike aspekte verbonde daaraan
• Streekboukomitee
• Instandhouding
• Standaard-konstruksie-items
[Venster op bladsye 4]
• Toesig
• Finansiering
• Standaardontwerp
• Koninkryksaalbougroepe
• Eiendomsverkryging en die wetlike aspekte verbonde daaraan
• Streekboukomitee
• Instandhouding
• Standaard-konstruksie-items
Standaardontwerp
Voldoen aan bouregulasies
Koste-effektief: Die Suid-Afrikaanse takkantoor koop sekere items in groot maat aan en kry sodoende gehalteprodukte teen laer pryse.
Makliker om in stand te hou: Met die standaardontwerp word materiaal gebruik wat min instandhouding verg, wat dit makliker maak om die Koninkryksaal in ’n goeie toestand te hou.
Bespaar tyd: Gemeentes hoef nie meer baie tyd daaraan te bestee om die ontwerp en afwerkings te kies nie.
Bou ondervinding op: Die Koninkryksaalkonstruksie-afdeling gebruik doeltreffende metodes wat tydens vorige projekte aangewend is.
Modulêre opsie: Klein gemeentes of gemeentes wat nie hulle eie grond kan verkry nie, kan kies om ’n verskuifbare saal op te rig.
Eiendomsverkryging en wetlike aspekte
’n Span broers en susters soek voltyds na eiendom, voer onderhandelinge en hanteer die wetlike aspekte verbonde aan eiendomsverkryging. Hulle bied tans bystand aan ongeveer 350 gemeentes en is betrokke by 300 Koninkryksaalbouprojekte. Hulle help gemeentes in Suid-Afrika en in ons buurlande.
[Venster op bladsye 5]
Wat van jou?
Koninkryksaalbouvrywilliger
Kwalifiseer ek?
◻ Ten minste een jaar gedoop
◻ Tussen 19 en 55 jaar oud
◻ Kan tot drie maande lank as ’n vrywilliger dien
◻ Gereelde en ywerige verkondiger
◻ Kan harde fisiese werk doen
◻ Geniet goeie fisiese en emosionele gesondheid
◻ Bereid om enige werk te doen
Hoe doen ek aansoek?
✔ Vul ’n Application for Kingdom Hall Construction Volunteer Program (A-25) in
✔ Gee die ingevulde vorm aan jou Gemeentelike Dienskomitee
Plaaslike vrywilliger kwalifiseer ek?
Kwalifiseer ek?
◻ Gedoop
◻ Ten minste 16 jaar oud
◻ Bereid om veral oor naweke te werk
◻ Gereelde en ywerige verkondiger
◻ Kan harde fisiese werk doen
◻ Geniet goeie fisiese en emosionele gesondheid
◻ Bereid om enige werk te doen
Hoe doen ek aansoek?
✔ Vul ’n Regional Building Committee Volunteer Application (S-82) in
✔ Gee die ingevulde vorm aan jou Gemeentelike Dienskomitee
[Venster op bladsye 6]
Standaarditems vir Koninkryksaalbouprojekte
Die takkantoor hou toesig oor baie van die standaarditems wat nodig is vir nuwe en bestaande Koninkryksale. Dit behels dat navorsing oor artikels gedoen word en voorraad in groot maat aangekoop word, wat dit goedkoper maak. Gemeentes word aangemoedig om artikels direk van die Koninkryksaalkonstruksie-afdeling te bestel.
Inligting en pryse kan onder die “Documents”-gewel van die webwerf jw.org gevind word. Sommige ouer manne en bedieningsknegte kan aanlyn na hierdie artikels kyk en die bestelvorms aflaai. Ons webwerf het ’n belangrike manier geword waarop die takkantoor met gemeentes kommunikeer. As ons dit gebruik, bespaar ons tyd en middele.
• Toesig
• Finansiering
• Standaardontwerp
• Koninkryksaalbougroepe
• Eiendomsverkryging en die wetlike aspekte verbonde daaraan
• Streekboukomitee
• Instandhouding
• Standaard-konstruksie-items
Hoe kan jou gesin help?
Ondersteun gereeld die reëling om die Koninkryksaal skoon te maak
Gee jou volle ondersteuning aan julle gemeente se dag vir Koninkryksaalinstandhouding
Leer julle kinders om die Koninkryksaal netjies en die badkamers skoon te hou
Rapporteer enigiets wat aandag nodig het aan die broers wat omsien na die Koninkryksaalinstandhouding
[Prent op bladsye 3]
Voor
[Prent op bladsye 3]
Onder konstruksie
[Prent op bladsye 3]
Voltooide Koninkryksaal
[Prent op bladsye 3]
Gemeente en bougroep