-
ReïnkarnasieRedenering uit die Skrif
-
-
Jy kan antwoord: ‘U hoop dat dit uiteindelik ’n beter lewe tot gevolg sal hê, nie waar nie? . . . Sê vir my, sou u graag wou lewe in ’n wêreld soos die een wat hier in Openbaring 21:1-5 beskryf word?’
Of jy kan sê: ‘Ek is bly u sê dit vir my. Mag ek vra: Is dit iets wat u nog altyd geglo het? . . . Wat het u van siening laat verander?’ (Dan kan jy moontlik die gedagtes onder die tussenhofie boaan hierdie bladsy gebruik.)
’n Ander moontlikheid: ‘Ek het al aangename gesprekke gevoer met ander wat daarin glo. Mag ek vra: Waarom dink u dat reïnkarnasie nodig is?’ Dan kan jy byvoeg: (1) ‘Onthou u al die besonderhede van die vroeëre lewens wat u meen u gelei het? . . . Maar dit sou nodig wees indien ’n mens jou vorige foute wou regstel en verbeter, nie waar nie?’ (2) Indien die persoon sê dat dit ’n goeie ding is dat ons vergeet, kan jy vra: ‘Maar beskou u ’n slegte geheue as ’n aanwins vir ’n persoon in die daaglikse lewe? Sal dit ons dan help om ons lot te verbeter as ons elke 70 jaar of wat alles vergeet wat ons geleer het?’ (3) Indien die persoon sê dat slegs die beter mense weer as mense gebore word, kan jy vra: ‘Waarom versleg wêreldtoestande dan voortdurend? . . . Die Bybel toon hoe ware verbetering in ons dag aangebring sal word (Dan. 2:44).’
-
-
SabbatRedenering uit die Skrif
-
-
Sabbat
Definisie: Sabbat is ontleen aan die Hebreeuse sja·vatʹ, wat beteken “rus, staak, ophou”. Die sabbatstelsel wat in die Mosaïese Wet voorgeskryf is, het ’n weeklikse Sabbatdag ingesluit, asook ’n aantal bykomende dae gedurende die jaar, die sewende jaar en die vyftigste jaar. Die weeklikse Sabbat van die Jode, die sewende dag van hulle kalenderweek, duur van sonsondergang op Vrydag tot sonsondergang op Saterdag. Talle wat bely dat hulle Christene is, hou Sondag tradisioneel as hulle dag van rus en van aanbidding; ander hou die dag wat op die Joodse kalender opsygesit is.
Is Christene verplig om ’n weeklikse sabbatdag te hou?
Ex. 31:16, 17: “Die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ’n ewige verbond [“blywende verpligting”, NAV; “’n verbond tot onbepaalde tyd”, NW]. Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ’n teken.” (Let op dat sabbatsviering ’n teken tussen Jehovah en Israel was; dit sou nie die geval wees indien alle ander mense ook verplig was om die Sabbat te hou nie. Die Hebreeuse woord wat in AB met “ewige” vertaal word, is ‛oh·lamʹ, wat basies ’n tydperk aandui wat op daardie oomblik onbepaald of vir die gesig verborge is maar wat lank is. Dit kan vir ewig beteken, maar nie noodwendig nie. In Numeri 25:13 word dieselfde Hebreeuse woord toegepas op die priesterskap, wat volgens Hebreërs 7:12 later geëindig het.)
-