Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • sn lied 97
  • Voorwaarts, Koninkryksbedienaars!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Voorwaarts, Koninkryksbedienaars!
  • Sing vir Jehovah
  • Soortgelyke materiaal
  • Voorwaarts, preek getrou oor die Koninkryk!
    ‘Sing met vreugde’ vir Jehovah
  • Voorwaarts, bedienaars van die Koninkryk!
    Sing lofliedere voor Jehovah
  • Voorwaarts, Getuies!
    ‘Sing met vreugde’ vir Jehovah
  • Voorwaarts, Getuies!
    Sing vir Jehovah
Sien nog
Sing vir Jehovah
sn lied 97

Lied 97

Voorwaarts, Koninkryksbedienaars!

Gedrukte weergawe

(2 Timoteus 4:5)

1. Die Koninkryk moet ons verkondig

aan mense die wêreld deur.

Met harte vol liefde vir naaste,

help ons hul die waarheid leer.

Ons diens aan ons God is ’n voorreg.

Versprei God se woord met genot.

Gaan uit in die veld met groot ywer;

getuig oor die naam van ons God.

(REFREIN)

Voorwaarts, Koninkryksbedienaars,

bring die nuus na elke land.

Voorwaarts, staan nou vasbeslote

en getrou aan God se kant.

2. Bedienaars beur ywerig voorwaarts,

met oë op die prys gerig.

Ons volg in die weg van ons Meester,

met hart en verstand verlig.

Die nuus oor ons God se regering

is iets wat die mensdom moet hoor.

Ons preek in die krag van Jehovah;

daarom sal ons nooit moed verloor!

(REFREIN)

Voorwaarts, Koninkryksbedienaars,

bring die nuus na elke land.

Voorwaarts, staan nou vasbeslote

en getrou aan God se kant.

3. Gesalfdes asook ander skape

gaan vlytig in eenheid voort.

Die oues en jonges tesame,

bly trou by ons God se Woord.

Ons diens is ’n heilige voorreg;

aanbidding is niks doodgewoon.

Mag ons immer waardig bly wandel,

dan sal God ons ryklik beloon.

(REFREIN)

Voorwaarts, Koninkryksbedienaars,

bring die nuus na elke land.

Voorwaarts, staan nou vasbeslote

en getrou aan God se kant.

(Sien ook Ps. 23:4; Hand. 4:29, 31; 1 Pet. 2:21.)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel