Lied 93
‘Laat julle lig skyn’
Gedrukte weergawe
1. Jesus gee die opdrag: ‘Laat jul lig nou skyn.’
Dit laat soos die sonlig duisternis verdwyn.
Uit Gods Woord, die Bybel, straal sy wyse raad.
Mag ons hierdie lig weerspieël deur elk’ woord en daad.
2. God se goeie boodskap sal elk’ hart verlig,
Hoop bied vir die dooies, en dié troos wat sug.
Lig uit Gods Woord rig ons op sy weg so rein.
Elke woord met sout gegeur, laat lig helder skyn.
3. Lig van goeie werke skyn in elke land,
Laat ons woorde glinster soos ’n diamant.
As ons doen wat reg is, bly ons lig versprei;
So sal alles wat ons doen, voor God lof berei.
(Sien ook Ps. 119:130; Matt. 5:14, 15, 45; Kol. 4:6.)