Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb14 bl. 169
  • Ek het op Sierra Leone verlief geraak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ek het op Sierra Leone verlief geraak
  • 2014 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die dissipelmaakwerk het my lewe gerig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Vasbeslote om Jehovah te dien
    2014 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Iets beters as diamante
    2014 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Ek het ware sekuriteit gevind deur op Jehovah te vertrou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
Sien nog
2014 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb14 bl. 169

SIERRA LEONE EN GUINEE

Ek het op Sierra Leone verlief geraak

Cindy McIntire

  • GEBORE 1960

  • GEDOOP 1974

  • PROFIEL Sendeling sedert 1992. Sy het vroeër in Guinee en Senegal gedien en dien nou in Sierra Leone.

Prent op bladsy 169

EK HET binne die eerste twee weke nadat ek hier aangekom het, op Sierra Leone verlief geraak. Ek het my verkyk aan hoe mense swaar vragte met gemak op hulle kop dra. Woonbuurte het gewemel van lewe. Kinders het in die strate gespeel en gedans. Hulle het hulle hande geklap en hulle voete gestamp in vrolike ritmes. Ek was omring deur kleur, beweging en musiek.

Maar die predikingswerk hier verskaf my die grootste vreugde. Die mense in Sierra Leone is trots op hulle gasvryheid teenoor vreemdelinge. Hulle respekteer die Bybel en luister na die boodskap wat dit bevat. Hulle nooi my dikwels in hulle huise in. Wanneer ek gaan, loop party saam met my tot by die einde van die straat. Hierdie innemende eienskappe help my om geringe ongeriewe te verduur, soos watertekorte en kragonderbrekings.

Omdat ek ongetroud is, vra mense my soms of ek ooit eensaam is. Maar in werklikheid het ek soveel om te doen dat ek nog nie tyd gehad het om eensaam te wees nie. My lewe is waarlik sinvol.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel