Lied 23
Jehovah, ons sterkte
1. Vader Jehovah, ons sterkte en mag,
U is ons Redder, op u sal ons wag.
Ons dra u boodskap aan iedereen oor,
Of hulle ag gee of glad nie wil hoor.
(REFREIN)
Jehovah, ons Rots, ons sterkte en mag,
U naam verhef ons elk’ dag en nag.
Grote Jehovah, o God van ons heil,
U is ons toevlug, by u sal ons skuil.
2. Ons wat u dien, skep behae in u lig,
Daagliks word ons deur die waarheid gerig.
Lees ons die Bybel, hoor ons u gebod;
Ons kies u kant, want u is onse God.
(REFREIN)
Jehovah, ons Rots, ons sterkte en mag,
U naam verhef ons elk’ dag en nag.
Grote Jehovah, o God van ons heil,
U is ons toevlug, by u sal ons skuil.
3. Ons skep behae in u wil, o ons God.
Op u vertrou ons, al sou Satan spot.
Sou hy ons doodmaak of bitter laat ly,
Help ons om enduit standvastig te bly.
(REFREIN)
Jehovah, ons Rots, ons sterkte en mag,
U naam verhef ons elk’ dag en nag.
Grote Jehovah, o God van ons heil,
U is ons toevlug, by u sal ons skuil.
(Sien ook 2 Sam. 22:3; Ps. 18:2; Jes. 43:12.)