Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 11/15 bl. 32
  • Watter soort naam het jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Watter soort naam het jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 11/15 bl. 32

Watter soort naam het jy?

IN DIE Bybel verwys die woord “naam” soms na ’n mens se reputasie. Wyse koning Salomo het byvoorbeeld geskryf: “’n Goeie naam is beter as goeie olie, en die sterfdag beter as die geboortedag.” (Prediker 7:1; vergelyk Spreuke 22:1.) Volgens Salomo se woorde word ’n persoon nie met ’n goeie naam gebore nie. Gedurende sy lewe bou hy eerder ’n betekenisvolle reputasie op. Sy naam sê vir ons meer aangaande sy eienskappe, of hy vrygewig of selfsugtig is, medelydend of liefdeloos, nederig of trots, selfs regverdig of goddeloos.

Beskou Dawid. Tydens sy koningskap was hy sterk en onwankelbaar. En tog het Dawid nederig sy foute erken en oor sy growwe sondes berou gehad. Jehovah se profeet het tereg getoon dat Dawid “’n man na [God se] hart” was (1 Samuel 13:14). Die jong Dawid het reeds ’n goeie naam by God gehad.

Daarenteen het die Judese koning Joram vir hom ’n slegte naam gemaak. Hy het sy onderdane verlei om die aanbidding van Jehovah te versaak en selfs sy ses broers en party van die owerstes van Juda laat doodmaak. Jehovah het Joram uiteindelik met ’n pynlike siekte getref wat tot sy dood gelei het. Die Bybel sê dat Joram “heengegaan [het] sonder dat hulle hom terug verlang het”, of soos Today’s English Version dit stel: “Niemand was jammer toe hy gesterf het nie.”—2 Kronieke 21:20.

Die lewe van Dawid en Joram lig die waarheid van hierdie Bybelspreuk toe: “Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan” (Spreuke 10:7). Elkeen van ons moet dus nugter oor hierdie vraag nadink: ‘Watter soort naam maak ek by God en my medemens?’

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel