Lied 114
God se boek—’n Ware skat
1. Daar is ’n boek wat deur sy ryke inhoud
Die mens tot vreugde, hoop en vrede rig.
Dit het ’n boodskap, waarlik diep en kragtig;
Dit laat die “dooies” leef, gee “blindes” sig.
Die kosbaar boek is God se Woord, die Bybel.
Dis lank gelede na Gods wil geskryf
Deur manne wat Jehovah liefgehad het,
En heil’ge gees dié het hul aangedryf.
2. Hul skryf ’n waar verslag oor God se skepping;
Deur mag het hy die heelal laat verskyn.
En hul vertel ook hoe die mens volmaak was,
Maar hulle Paradys het toe verdwyn.
Ons lees ook van ’n mooi maar trotse engel
Wat opstaan teen Gods soewereiniteit.
Die resultaat was sonde, pyn en droefheid,
Maar eersdaags heers daar weer geregtigheid.
3. Vandag leef ons in tye van groot vreugde.
Gods Koninkryk regeer deur onse Heer.
In hierdie tydperk bied Jehovah redding
Aan elkeen wat hom aanroep en hom eer.
In hierdie boek vind ons dié blye tyding;
Die blaaie bied ’n geestelike fees.
Dit gee ons vrede ver bo ons verwagting.
Mag ons dus elke dag in dié boek lees.
(Sien ook 2 Tim. 3:16; 2 Pet. 1:21.)