Lied 15
Die skepping openbaar Jehovah se heerlikheid
(Psalm 19)
1. Jehovah God, hoe groot u majesteit,
Die sterrehemel loof u heerlikheid.
Dit skenk van dag tot dag, van nag tot nag,
Ons sonder woorde kennis van u mag.
Dit skenk van dag tot dag, van nag tot nag,
Ons sonder woorde kennis van u mag.
2. Die son en maan en sterre is u werk.
En aan die see stel u ’n vaste perk.
Ons stel die vraag, as ons u werk aanskou:
‘Wat is die mens dat u hom sou onthou?’
Ons stel die vraag, as ons u werk aanskou:
‘Wat is die mens dat u hom sou onthou?’
3. U wet is rein en u gebooie reg,
Ja, dag ná dag help dit ons op die weg.
Dit maak ons wys, is kosbaarder as goud.
Mag ons dit hou, want dit is ons behoud.
Dit maak ons wys, is kosbaarder as goud.
Mag ons dit hou, want dit is ons behoud.