Lied 115
Maak jou weg suksesvol
1. Ons is lief vir die Woord van God;
daagliks wil ons dit lees—
peinsend, op ’n gedempte toon—
en gehoorsaam ook wees.
Mag dit altyd ons lewe rig,
mag ons trou daarby bly.
(REFREIN)
Lees, bepeins, toon gehoorsaamheid,
laat Jehovah jou lei.
Volg dié weg en jy sal altyd
God se seën verkry.
2. Elke koning in Israel
kry dié opdrag van God:
‘Maak ’n afskrif van God se Wet,
en leer ken sy gebod.
Al jou dae moet jy daarin lees
en so sonde vermy.’
(REFREIN)
Lees, bepeins, toon gehoorsaamheid,
laat Jehovah jou lei.
Volg dié weg en jy sal altyd
God se seën verkry.
3. As ons daagliks die Bybel lees,
word ons geest’lik gevoed.
Dit vertroos en gee vaste hoop
en ’n kalm gemoed.
Deur Gods Woord waarlik uit te leef,
sal ons na aan hom bly.
(REFREIN)
Lees, bepeins, toon gehoorsaamheid,
laat Jehovah jou lei.
Volg dié weg en jy sal altyd
God se seën verkry.
(Sien ook Deut. 17:18; 1 Kon. 2:3, 4; Ps. 119:1; Jer. 7:23.)