DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Bly geestelik wakker en bedrywig wanneer jou omstandighede verander
Veranderinge is deel van die lewe, veral gedurende hierdie laaste dae (1Ko 7:31). Of veranderinge nou goed of sleg is, en of ons dit nou verwag of nie, dit kan ons aanbidding en ons verhouding met Jehovah negatief beïnvloed. Wat sal ons help om geestelik wakker en bedrywig te bly wanneer daar veranderinge is? Kyk na die video Bly geestelik sterk wanneer jy trek, en beantwoord dan die volgende vrae:
Watter raad het een broer vir die pa gegee?
Hoe was die beginsel in Matteus 7:25 van toepassing op die gesin se situasie?
Hoe het die gesin vooruit beplan vir hulle trek, en hoe het dit hulle gehelp?
Wat het die gesin gehelp om by veranderinge in die gemeente en in die gebied aan te pas?
Vra jouself: Watter groot veranderinge het onlangs in my lewe plaasgevind?
Hoe kan ek die beginsels in hierdie video in my situasie gebruik?