Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb20 April bl. 8
  • Wat is vir my die belangrikste?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is vir my die belangrikste?
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
  • Soortgelyke materiaal
  • Jongmense, fokus julle op geestelike doelwitte?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Ywerige inspanning—Wanneer seën Jehovah dit?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Jongmense—streef verdienstelike doelwitte na
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Gebruik geestelike doelwitte om jou Skepper te verheerlik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
mwb20 April bl. 8
Jakob stoei met ’n gematerialiseerde engel.

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Wat is vir my die belangrikste?

Jakob het met ’n engel gestoei vir iets baie belangriks – Jehovah se seën (Ge 32:24-31; Ho 12:3, 4). Wat van ons? Is ons bereid om hard te werk om Jehovah te gehoorsaam en sy seën te kry? Sê nou ons moet kies of ons na ons vergadering toe sal gaan of ’n paar ekstra ure by die werk sal inkry, watter een sal ons kies? Wanneer ons vir Jehovah ons beste gee – met ons tyd, ons energie en dit wat ons het – sal hy “’n seën op [ons] uitstort totdat [ons] niks kortkom nie” (Mal 3:10). Hy sal ons lei, ons beskerm en vir ons sorg. – Mt 6:33; Heb 13:5.

KYK NA DIE VIDEODRAMATISERING MOENIE JOU GEESTELIKE DOELWITTE UIT DIE OOG VERLOOR NIE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • ’n Pioniersuster werk sekulêr as ’n gebaretaaltolk.

    Hoe was die suster getoets deur iets wat sy liefgehad het?

  • Dieselfde suster werk laat in die nag in ’n donker kantoor.

    Hoe kan ons werk vir ons ’n toets wees?

  • Timoteus lees laat in die nag ’n boekrol terwyl hy by ’n venster staan.

    Hoekom moes Timoteus aanhou om doelwitte te stel selfs nadat hy ’n volwasse Christen geword het? – 1Ti 4:16

  • Die pionier en ’n ander suster groet ’n Bybelstudent wanneer hulle by haar huis aankom vir ’n Bybelstudie.

    Wat is die belangrikste ding in jou lewe?

    Hoe wys ons wat vir ons die “heel belangrikste” is?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel