Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 3/15 bl. 28
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Julle sal “’n koninkryk van priesters” word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Besnydenis—’n Teken van manlikheid?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • God se nuwe verbond nader volvoering
    Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 3/15 bl. 28

Vrae van lesers

Wat het gebeur tydens die voorval wat in Eksodus 4:24-26 opgeteken staan, en wie se lewe was in gevaar?

Moses was op pad na Egipte saam met sy vrou, Sippora, en sy seuns, Gersom en Eliëser, toe die volgende voorval plaasgevind het: “Op die pad, by die herberg, het Jehovah hom teëgekom en ’n manier bly soek om hom dood te maak. Uiteindelik het Sippora ’n vuurklip geneem en haar seun se voorhuid afgesny en dit aan sy voete laat raak en gesê: ‘Dit is omdat jy vir my ’n bloedbruidegom is.’ Gevolglik het hy hom laat staan. Toe het sy gesê: ‘’n Bloedbruidegom’, weens die besnydenis” (Eksodus 4:20, 24-26). Hoewel hierdie Skrifgedeelte onduidelik is en daar nie sekerheid oor die betekenis is nie, werp die Skrif wel lig op hierdie verse.

Die verslag sê nie uitdruklik wie se lewe in gevaar was nie. Maar ons kan redelikerwyse tot die slotsom kom dat dit nie Moses se lewe was nie, want hy het kort tevore ’n goddelike opdrag ontvang om die Israeliete uit Egipte te lei (Eksodus 3:10). Dit lyk onwaarskynlik dat God se engel Moses se lewe sou bedreig terwyl hy op pad was om daardie toewysing uit te voer. Dit moet derhalwe na die lewe van een van sy seuns verwys. Die wet wat vroeër aan Abraham oor die besnydenis gegee is, het gesê: “’n Onbesnede man wat nie die vlees van sy voorhuid laat besny nie, ja, daardie siel moet uit sy volk uitgeroei word. Hy het my verbond verbreek” (Genesis 17:14). Moses het klaarblyklik versuim om sy seun te besny, en daarom is die seun se lewe deur Jehovah se engel bedreig.

Aan wie se voete het Sippora haar seun se voorhuid laat raak toe sy dit afgesny het om sake reg te stel? Jehovah se engel het die mag gehad om die onbesnede seun dood te maak. Sippora sou dus logieserwys die voorhuid aan die engel se voete laat raak om aan hom te bewys dat sy die verbond nagekom het.

Sippora se woorde “jy [is] vir my ’n bloedbruidegom”, is ongewoon. Wat toon dit omtrent haar? Deur die vereistes van die besnydenisverbond na te kom, het Sippora erken dat sy in ’n verbondsverhouding met Jehovah is. Die Wetsverbond wat later met die Israeliete gesluit is, het getoon dat Jehovah in ’n verbondsverhouding beskou kan word as die eggenoot en die ander party as die eggenote (Jeremia 31:32). Dit wil dus voorkom of Sippora, toe sy Jehovah (deur sy engeleverteenwoordiger) as “’n bloedbruidegom” aangespreek het, getoon het dat sy haar aan die voorwaardes van daardie verbond onderwerp. Dit was asof sy ’n posisie as eggenote in die verbondsverhouding aanvaar het, met Jehovah God as die eggenoot. Hoe dit ook al sy, weens haar daadwerklike optrede om God se vereiste na te kom, was die lewe van haar seun nie langer in gevaar nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel