-
Bybelleringe — Raad wat altyd werkDie Wagtoring (Publieke uitgawe) — 2018 | Nr. 1
-
-
drie artikels sal sien, het die Bybel baie ander mense ook gehelp toe hulle die raad daarin gebruik het om hulle probleme te oorkom. Hulle beskou die Bybel soos die kunswerk wat aan die begin van hierdie artikel beskryf is. Dit is heeltemal anders as ander boeke wat oud word en nie meer gebruik kan word nie. Het dit iets te doen met die inhoud van die Bybel? Bevat dit dalk God se gedagtes en nie net mense s’n nie? — 1 Tessalonisense 2:13.
Dalk het jy ook al agtergekom dat die lewe kort en vol probleme is. Waar kry jy vertroosting, ondersteuning en goeie raad wanneer jou probleme te veel word om te hanteer?
Kom ons kyk na drie belangrike maniere waarop die Bybel jou prakties kan help. Dit kan jou leer hoe om
probleme sover moontlik te vermy.
probleme wat oor jou pad kom, op te los.
met situasies wat jy nie kan verander nie, saam te lewe.
Die volgende artikels sal hierdie drie maniere bespreek.
-
-
Outyds of voor sy tyd?Die Wagtoring (Publieke uitgawe) — 2018 | Nr. 1
-
-
DIE MEDIESE WETENSKAP
DIE BYBEL IS NIE ’N MEDIESE HANDBOEK NIE, MAAR DIE DINGE WAT DIT OOR GESONDHEID SÊ, IS VER VOOR SY TYD.
Hou siek mense eenkant.
Die Mosaïese Wet het beveel dat mense met melaatsheid weg van ander mense gehou moet word. Mediese dokters het eers teen die Middeleeue, toe daar epidemies uitgebreek het, die voordeel van hierdie goeie raad besef. Dit word vandag nog steeds gebruik. — Levitikus hoofstuk 13 en 14.
Om hande te was nadat daar aan ’n lyk geraak is.
Tot laat in die 19de eeu het dokters met lyke gewerk en dan hulle pasiënte behandel sonder om eers hulle hande te was. Baie mense het as gevolg hiervan gesterf. Maar die Mosaïese Wet het duidelik gesê dat enigiemand wat aan ’n dooie liggaam raak, seremonieel onrein is. Dit het selfs gesê dat water gebruik moes word om hierdie persoon seremonieel te reinig. Sulke godsdiensgebruike het beslis ook gehelp om mense gesond te hou. — Numeri 19:11, 19.
Rioolverwydering.
Elke jaar gaan meer as ’n halfmiljoen kinders dood as gevolg van diarree. Dit gebeur meestal omdat hulle blootgestel word aan menslike ontlasting wat nie behoorlik verwyder is nie. Die Mosaïese Wet het gesê dat menslike ontlasting begrawe moet word, ver weg van waar mense woon. — Deuteronomium 23:13.
Die regte tyd vir besnyding.
God se Wet het vereis dat babaseuntjies besny moes word wanneer hulle agt dae oud is (Levitikus 12:3). Dit wil voorkom asof dit ’n week neem voordat pasgebore babas se bloed die vermoë het om behoorlik te stol. In Bybeltye, voordat moderne mediese behandeling beskikbaar was, was dit verstandig om meer as ’n week te wag voordat ’n kind besny word.
Die verband tussen emosionele en fisiese gesondheid.
Mediese navorsers en wetenskaplikes sê dat positiewe emosies soos vreugde, hoop, dankbaarheid en ’n gewilligheid om te vergewe voordelig kan wees vir ’n mens se gesondheid. Die Bybel sê: “’n Vreugdevolle hart is ’n goeie geneesmiddel, maar ’n verslae gees droog die gebeente uit.” — Spreuke 17:22.
-