-
Skimmel—Vriend en vyand!Ontwaak! – 2006 | Januarie
-
-
skadelike uitwerking op mense sowel as diere kan hê. Blootstelling vind plaas wanneer dit ingeasem word, saam met voedsel ingesluk word of met die vel in aanraking kom. Maar skimmel het ook ’n positiewe kant; dit het talle nuttige eienskappe.
Wanneer skimmel ’n vriend is
In 1928 het die wetenskaplike Alexander Fleming toevallig die kiemdodende krag van groenskimmel waargeneem. Die skimmel, wat later geïdentifiseer is as Penicillium notatum, was dodelik vir bakterieë maar onskadelik vir mense en diere. Hierdie ontdekking het gelei tot die ontwikkeling van penisillien, wat al “die grootste enkele lewensredder van die moderne geneeskunde” genoem is. Fleming en medenavorsers Howard Florey en Ernst Chain het in 1945 die Nobelprys vir geneeskunde ontvang vir hulle werk. Sedertdien het skimmel ’n aantal ander geneesmiddels opgelewer, waaronder medisyne om bloedklonte, skeelhoofpyne en Parkinson se siekte te behandel.
Skimmel het ook interessante smake aan die mens bekend gestel. Een voorbeeld hiervan is kaas. Het jy geweet dat Brie, Camembert, Deense bloukaas, Gorgonzola, Roquefort en Stilton hulle kenmerkende smaak aan sekere Penicillium-skimmel te danke het? Skimmel speel ook ’n groot rol by die maak van salami, sojasous en bier.
Dieselfde geld vir wyn. Wanneer sekere druiwe op die regte tyd geoes word met die regte hoeveelheid swamgroei op elke tros, kan dit gebruik word om dessertwyne van hoë gehalte te maak. Die skimmel Botrytis cinerea, of “edelvrot”, werk in op die suikers in die druiwe, wat die smaak verbeter. Tydens die verouderingsproses in die wynkelder rond die skimmel Cladosporium cellare die wyn af. Soos ’n spreekwoord onder Hongaarse wynboere sê: ‘’n Edel skimmel hou belofte in van ’n goeie wyn.’
Wanneer skimmel ’n vyand word
Die skadelike eienskappe van sekere soorte skimmel het ook ’n lang geskiedenis. In die sesde eeu v.G.J. het die Assiriërs die skimmel Claviceps purpurea gebruik om die putte van hulle vyande te vergiftig—’n eertydse vorm van biologiese oorlogvoering. In die Middeleeue het hierdie selfde skimmel, wat soms op rog voorkom, epileptiese aanvalle, brandpyne, gangreen en hallusinasies by baie mense veroorsaak. Die siekte wat nou as ergotisme bekend staan, is ook sint Antonius se vuur genoem omdat baie slagoffers ’n pelgrimstog na die graf van sint Antonius in Frankryk onderneem het in die hoop dat hulle wonderdadig genees sou word.
Die sterkste karsinogene (kankerverwekkende)
-
-
Hoe sal jy antwoord?Ontwaak! – 2006 | Januarie
-
-
ANTWOORDE OP VRAE OP BLADSY 31
1. See van Galilea.—Johannes 6:1, 16.
◆ Jesus en Petrus.—Matteus 14:26-31.
◆ Petrus het begin twyfel; Jesus het nie.—Matteus 14:31.
2. 539 v.G.J.
3. 647 v.G.J.
4. 1077 v.G.J.
5. Samgar.—Rigters 3:31.
6. Jonatan.—1 Samuel 14:27.
-