Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w14 7/1 bl. 7
  • Wat God sal doen omtrent slegte dinge

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat God sal doen omtrent slegte dinge
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Soortgelyke materiaal
  • Slegte dinge gebeur met goeie mense—Waarom?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Hoekom is daar soveel pyn en lyding?
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Wat is God se voorneme met die aarde?
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Die einde van lyding is op hande!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
w14 7/1 bl. 7
’n Paradysaarde waar geen lyding is nie, net gelukkige mense en gesinne wat deur die opstanding herenig word

VOORBLADONDERWERP | WAAROM GEBEUR SLEGTE DINGE MET GOEIE MENSE?

Wat God sal doen omtrent slegte dinge

Die Bybel sê duidelik wat Jehovah en sy Seun, Jesus Christus, sal doen omtrent die lyding wat Satan die Duiwel veroorsaak. “Met dié doel is die Seun van God [Jesus] openbaar gemaak”, sê die Bybel, “om die werke van die Duiwel te verbreek” (1 Johannes 3:8). Die teenswoordige stelsel van dinge wat op gierigheid, haat en goddelose dade gegrond is, sal verbreek word. En Jesus belowe dat “die heerser van hierdie wêreld”—Satan die Duiwel—“uitgewerp [sal] word” (Johannes 12:31). Sonder Satan se invloed sal ’n regverdige nuwe wêreld tot stand gebring word, en hierdie aarde sal ’n vreedsame plek word.—2 Petrus 3:13.

Wat van diegene wat hardkoppig weier om hulle weë te verander en wat aanhou om slegte dinge te doen? Dink na oor hierdie eenvoudige belofte: “Die regskapenes sal op die aarde woon, en die onberispelikes sal daarop oorbly. Wat die goddeloses betref, hulle sal van die aarde af uitgeroei word; en die verraderlikes sal daarvan weggeruk word” (Spreuke 2:21, 22). Die invloed van goddelose mense sal weg wees. Onder hierdie vreedsame toestande sal gehoorsame mense geleidelik van oorgeërfde onvolmaaktheid bevry word.—Romeine 6:17, 18; 8:21.

Hoe sal God sorg dat geen slegte dinge in daardie nuwe wêreld gebeur nie? Nie deur die gawe van wilsvryheid weg te neem en mense robotte te maak nie. Hy sal gehoorsame mense eerder sy weë leer en hulle help om hulle af te keer van hulle verkeerde gedagtes en dade.

God sal al die oorsake van lyding uit die weg ruim

Wat sal God omtrent onvoorsiene rampspoed doen? Hy het belowe dat sy Koninkryksregering binnekort beheer oor die aarde sal oorneem. Jesus Christus, wat deur God as die Koning van daardie Koninkryk aangestel is, het die mag om siekes te genees (Matteus 14:14). Jesus het ook die mag om natuurkragte te beheer (Markus 4:35-41). Daarom sal die lyding wat die gevolg is van “tyd en onvoorsiene gebeurtenisse”, weg wees (Prediker 9:11). Onder Christus se heerskappy sal geen rampspoed die mensdom tref nie.—Spreuke 1:33.

Wat van die miljoene onskuldige mense wat onder tragiese omstandighede gesterf het? Kort voordat Jesus sy vriend Lasarus uit die dood opgewek het, het hy gesê: “Ek is die opstanding en die lewe” (Johannes 11:25). Ja, Jesus het die mag om die dooies op te wek!

As die vooruitsig om in ’n wêreld te lewe waar slegte dinge nie met goeie mense gebeur nie, vir jou aanloklik is, kan jy gerus die Bybel studeer om meer te leer omtrent die ware God en sy voorneme. Jehovah se Getuies in jou omgewing sal jou met graagte help om hierdie kennis op te doen. Ons nooi jou hartlik uit om met die Getuies in jou omgewing in aanraking te kom of aan die uitgewers van hierdie tydskrif te skryf.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel