Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek
© 2022 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
6-12 MAART
SKATTE UIT GOD SE WOORD | 1 KRONIEKE 23-26
“Aanbidding by die tempel word goed georganiseer”
it-2-E 241
Leviete
Die werk van die Leviete was baie goed georganiseer onder die leiding van Dawid, wat toesighouers, beamptes, regters, poortwagters en skatmeesters aangestel het. Hy het ook ’n groot aantal mense aangestel om die priesters in die tempel, die voorhowe en die eetkamers met verskillende verantwoordelikhede te help. Levitiese musikante was in 24 groepe georganiseer, soortgelyk aan die priesterlike afdelings, en hulle het beurte gemaak om by die tempel te dien. Hulle pligte was deur die lot bepaal. In die geval van die groepe poortwagters, was ’n toewysing by die spesifieke poort waar hulle moes staan ook deur die lot bepaal. – 1Kr 23; 25; 26; 2Kr 35:3-5, 10.
it-2-E 686
Priester
In die tempeldiens was die priesters onder verskillende beamptes georganiseer. Sekere dienste was deur middel van die lot toegewys. Elkeen van die 24 afdelings was vir een week op ’n slag en twee keer per jaar vir diens toegewys. Blykbaar het die hele priesterdom gedurende feestye gedien wanneer duisende mense offerandes gebring het, soos wat hulle by die toewyding van die tempel gedoen het (1Kr 24:1-18, 31; 2Kr 5:11; vergelyk 2Kr 29:31-35; 30:23-25; 35:10-19). ’n Priester kon gedurende ander tye dien solank hy nie ingemeng het met die tye wat die ander priesters vir diens toegewys was nie. Volgens rabbynse tradisies was daar so baie priesters in die tyd toe Jesus op die aarde was dat die diens vir die week onder verskillende families in ’n afdeling op verdeel was, elke familie het vir een of meer dae volgens hulle nommer gedien.
it-2-E 451-452
Musiek
Saam met die voorbereidings vir Jehovah se tempel het Dawid 4 000 Leviete vir musikale diens opsygesit (1Kr 23:4, 5). Tweehonderd-agt-en-tagtig van hulle was “ervare sangers wat opgelei was om vir Jehovah te sing” (1Kr 25:7). Hulle almal was onder die leiding van drie ervare musikante Asaf, Heman en Jedutun (wat blykbaar ook Etan genoem was). Aangesien elkeen van hierdie drie manne ’n nakomeling van Levi se drie seuns Gersom, Kehat en Merari is, was die drie hoof Levitiese families in die musiek organisasie by die tempel verteenwoordig (1Kr 6:16, 31-33, 39-44; 25:1-6). Die seuns van hierdie drie manne was altesaam 24 en hulle almal was deel van die 288 ervare musikante. Elke seun was deur die lot as die hoof van een musiekafdeling aangestel. Onder sy leiding was nog 11 “ervare” musikante, van sy eie seuns asook ander Leviete, gekies. Op hierdie manier was die 288 ([1 + 11] × 24 = 288) ervare Levitiese musikante, soos die priesters, in 24 groepe verdeel. As die oorblywende 3 712 ‘leerlinge’ verdeel word, sou ’n gemiddelde van omtrent 155 mans by elkeen van die 24 afdelings bygevoeg word. Dit beteken dat daar omtrent 13 Leviete in verskillende fases van musikale opleiding vir elke ervare musikant was (1Kr 25:1-31). Aangesien die trompetblasers priesters was, was hulle nie by die getal van die Levitiese musikante ingesluit nie. – 2Kr 5:12; vergelyk Nu 10:8.
it-1-E 898
Poortwagter
In die tempel. Kort voor koning Dawid se dood het hy die Leviete en die tempelwerkers goed georganiseer, insluitende die poortwagters, waarvan daar 4 000 was. Die verskillende afdelings het vir sewe dae op ’n slag ingekom. Dit was hulle verantwoordelikheid om Jehovah se huis te beskerm en om seker te maak dat die deure op die regte tye oop- en toegemaak word (1Kr 9:23-27; 23:1-6). Behalwe vir die feit dat hulle as wagters gedien het, het party ook omgesien na die bydraes wat die mense gebring het (2Kn 12:9; 22:4). Later, toe Jojada die hoëpriester Joas as koning gesalf het, was spesiale wagters toegewys om by die poorte te staan om jong Joas teen koningin Atalia te beskerm (2Kn 11:4-8). Toe koning Josia afgodsaanbidding vernietig het, het die deurwagters gehelp om die voorwerpe wat vir Baälaanbidding gebruik was, uit die tempel te verwyder. Dit was buite die stad verbrand. – 2Kn 23:4.
Geestelike skatte
Ware aanbidding sal jou gelukkiger maak
10 Ons aanbid Jehovah wanneer ons saam met ons broers en susters sing (Ps. 28:7). Om vir Jehovah te sing, was vir die Israeliete ’n belangrike deel van hulle aanbidding. Koning Dawid het 288 Leviete aangestel om by die tempel te sing (1 Kron. 25:1, 6-8). Vandag kan ons wys hoe lief ons vir Jehovah is wanneer ons sing om hom te prys. Die gehalte van ons stem is nie die belangrikste ding nie. Dink hieraan: Wanneer ons praat, ‘struikel ons almal dikwels’, maar dit keer ons nie om in die gemeente en in die bediening te praat nie (Jak. 3:2). So selfs al dink ons dat ons nie goed klink wanneer ons sing nie, moet ons nog steeds sing om Jehovah te prys.
13-19 MAART 2012
SKATTE UIT GOD SE WOORD | 1 KRONIEKE 27-29
“’n Pa se liefdevolle raad aan sy seun”
Hoe om ons Christelike identiteit te bewaar
9 Oortuig jouself van Bybelwaarheid. Ons identiteitsgevoel as knegte van Jehovah kan verswak as dit nie stewig op kennis van die Skrif gegrond is nie (Filippense 1:9, 10). Elke Christen—jonk of oud—moet homself daarvan oortuig dat die dinge wat hy glo, inderdaad die waarheid is soos dit in die Bybel gevind word. Paulus het mede-gelowiges aangespoor: “Maak seker van alles; hou vas aan wat goed is” (1 Tessalonisense 5:21). Jong Christene wat deel is van godvresende gesinne, moet besef dat hulle hulle nie op die geloof van hulle ouers kan verlaat nie. Salomo se vader, Dawid, het hom gemaan: “Ken die God van jou vader en dien hom met ’n volkome hart” (1 Kronieke 28:9). Dit sou nie genoeg wees vir die jong Salomo om net te let op hoe sy vader geloof in Jehovah opgebou het nie. Hy moes Jehovah self leer ken, en hy het. Hy het God gesmeek: “Gee my nou wysheid en kennis sodat ek voor hierdie volk kan uitgaan en sodat ek kan inkom.”—2 Kronieke 1:10.
Behou ’n volkome hart teenoor Jehovah
13 Die les is duidelik. Dit is prysenswaardig as ons gereeld deelneem aan heilsame en bevredigende bedrywighede soos om gemeentelike vergaderinge by te woon en velddiens te doen. Maar daar is meer by betrokke om Jehovah met ’n volkome hart te dien (2 Kron. 25:1, 2, 27). As ’n Christen voortgaan om ‘die dinge wat agter is’—dit wil sê sekere aspekte van die wêreld se lewenswyse—diep in sy hart lief te hê, loop hy die gevaar om sy goeie posisie voor God te verloor (Luk. 17:32). Slegs as ons werklik ‘verafsku wat goddeloos is en vashou aan wat goed is’, sal ons ‘geskik wees vir die koninkryk van God’ (Rom. 12:9; Luk. 9:62). Ons almal moet dus seker maak dat niks in Satan se wêreld, ongeag hoe voordelig of aangenaam dit lyk, ons daarvan weerhou om heelhartig na Koninkryksbelange om te sien nie.—2 Kor. 11:14; lees Filippense 3:13, 14.
“Wees moedig . . . en tree op”
20 Koning Dawid het Salomo daaraan herinner dat Jehovah hom sal help om die tempel te bou (1 Kron. 28:20). Met Dawid se aanmoedigende woorde in gedagte, het Salomo nie toegelaat dat sy ouderdom of sy gebrek aan ondervinding vir hom ’n struikelblok word nie. Hy was baie moedig en het hard gewerk. Met Jehovah se hulp het hy die pragtige tempel in sewe en ’n half jaar voltooi.
21 Net soos Jehovah Salomo gehelp het, kan hy ons ook help om moedig te wees en om ons werk in die gesin en in die gemeente te doen (Jes. 41:10, 13). As ons Jehovah moedig dien, kan ons daarvan seker wees dat hy ons nou en in die toekoms sal seën. Daarom moet ons ‘moedig wees en optree’.
Geestelike skatte
Wanneer ’n vriend deur ’n moeilike tyd gaan
Dawid het ander metgeselle gehad wat hom in moeilike tye lojaal ondersteun het. Husai was een van hierdie metgeselle (2 Sam. 16:16; 1 Kron. 27:33). Hy was moontlik ’n hofbeampte wat ’n persoonlike vriend en metgesel van die koning was, een wat soms vertroulike opdragte uitgevoer het.
Toe Dawid se seun Absalom die troon onwettig oorgeneem het, het baie Israeliete Absalom se kant gekies, maar nie Husai nie. Toe Dawid gevlug het, het Husai saam met hom gegaan. Dawid was diep seergemaak omdat sy eie seun en mense wat hy vertrou het, hom verraai het. Husai het egter lojaal gebly en was bereid om sy lewe in gevaar te stel en ’n opdrag uit te voer wat die sameswering sou dwarsboom. Husai het dit nie net gedoen omdat dit sy plig as hofbeampte was nie. Hy het getoon dat hy ’n lojale vriend was.—2 Sam. 15:13-17, 32-37; 16:15–17:16.
20-26 MAART 2012
SKATTE UIT GOD SE WOORD | 2 KRONIEKE 1-4
“Koning Salomo maak ’n onwyse besluit”
it-1-E 174 ¶5
Leërmag
Toe Salomo begin regeer het, was ’n nuwe hoofstuk in die geskiedboeke van Israel se leërmag geskryf. Sy heerskappy was redelik vreedsaam, maar hy het nog steeds baie perde en strydwaens bymekaargemaak. (Sien STRYDWA.) Die meeste van hierdie perde was gekoop en ingevoer van Egipte af. Daar moes stede regdeur die gebied vir hierdie nuwe militêre afdelings gebou word (1Kn 4:26; 9:19; 10:26, 29; 2Kr 1:14-17). Maar Jehovah het dit nooit geseën nie, en toe Salomo sterf en die koninkryk verdeel word, het Israel se leërmag minder geword. Soos Jesaja later geskryf het: “Dit sal sleg gaan met dié wat na Egipte gaan vir hulp, dié wat op perde vertrou en wat hulle vertroue stel in baie strydwaens en in die krag van oorlogsperde. Hulle vertrou nie op die Heilige van Israel nie en hulle vra nie Jehovah se hulp nie.” – Jes 31:1.
it-1-E 427
Strydwa
In Salomo se tyd was die grootste nasionale strydwa-mag vir die eerste keer in Israel gevorm. Dit was grootliks as gevolg van God se waarskuwing dat die koning nie baie perde bymekaar moet maak asof die nasie se veiligheid daarvan afhang nie. Dit het die gebruik van strydwaens beperk, aangesien perde nodig was om strydwaens te gebruik (De 17:16). Toe Samuel die volk gewaarsku het oor die las wat menslike konings oor hulle sou bring, het hy vir hulle gesê: “Hy sal julle seuns neem en hulle in sy strydwaens sit” (1Sa 8:11). Toe Absalom en Adonia die koningskap probeer oorneem het, het hulle elkeen vir hulle ’n strydwa laat maak, met 50 manne wat voor die strydwa uitgehardloop het (2Sa 15:1; 1Kn 1:5). Toe Dawid die koning van Soba oorwin het, het hy 100 strydwaperde laat oorbly. – 2Sa 8:3, 4; 10:18.
Toe koning Salomo Israel se leërmag opgebou het, het hy die aantal strydwaens tot 1 400 vermeerder (1Kn 10:26, 29; 2Kr 1:14, 17). Behalwe Jerusalem, was daar ander dorpies wat bekend gestaan het as strydwastede wat spesiale fasiliteite gehad het om na al die toerusting vir hierdie tipe oorloë om te sien. – 1Kn 9:19, 22; 2Kr 8:6, 9; 9:25.
Geestelike skatte
Glanspunte uit die boek Tweede Kronieke
1:11, 12. Salomo se versoek het aan Jehovah getoon dat die verkryging van wysheid en kennis die koning na aan die hart gelê het. Ons gebede tot God openbaar inderdaad wat ons na aan die hart lê. Dit is verstandig van ons om die inhoud van ons gebede te ondersoek.
27 MAART 2012–2 APRIL 2012
SKATTE UIT GOD SE WOORD | 2 KRONIEKE 5-7
“My hart sal altyd daar wees”
Moenie ophou om saam te vergader nie
Later, toe Dawid koning in Jerusalem was, het hy sy innige begeerte uitgespreek om ’n permanente huis tot Jehovah se heerlikheid te bou. Maar aangesien Dawid ’n krygsman was, het Jehovah vir hom gesê: “Jy sal nie ’n huis vir my naam bou nie.” Hy het eerder Dawid se seun Salomo gekies om die tempel te bou (1 Kronieke 22:6-10). Salomo het die tempel in 1026 v.G.J. ingewy, ná ’n boutydperk van sewe en ’n half jaar. Jehovah het hierdie gebou goedgekeur en gesê: “Ek het hierdie huis wat jy gebou het, geheilig deur my naam tot onbepaalde tyd daar te vestig; en my oë en my hart sal beslis altyd daar wees” (1 Konings 9:3). Solank die Israeliete getrou gebly het, sou Jehovah se guns op daardie huis rus. Maar as hulle sou afwyk van wat reg is, sou Jehovah sy guns van daardie plek af wegneem, en ‘die huis sou puinhope word’.—1 Konings 9:4-9; 2 Kronieke 7:16, 19, 20.
it-2-E 1077-1078
Tempel
Geskiedenis. Hierdie tempel het tot 607 VHJ bestaan. Dit was toe deur die Babiloniese leërmag onder koning Nebukadnesar vernietig (2Kn 25:9; 2Kr 36:19; Jer 52:13). Omdat Israel in valse aanbidding verval het, het God toegelaat dat die nasies Juda en Jerusalem aanval, en hulle het soms die tempel van sy skatte gestroop. Daar was ook tye toe die tempel verwaarloos was. Koning Sisak van Egipte het die tempel van sy skatte beroof (993 VHJ) in die dae van Rehabeam die seun van Salomo, omtrent 33 jaar na die inwyding (1Kn 14:25, 26; 2Kr 12:9). Koning Asa (977-937 VHJ) het respek vir Jehovah se huis gehad, maar om Jerusalem te beskerm, was hy onwys en het hy koning Ben-Hadad I van Sirië met die silwer en goud van die skatte van die tempel omgekoop sodat hy sy ooreenkoms met Baäsa koning van Israel kon breek. – 1Kn 15:18, 19; 2Kr 15:17, 18; 16:2, 3.
Geestelike skatte
Hy “ken die hart van die mensekinders”
Ons kan vertroosting put uit Salomo se gebed. Ander mense verstaan miskien nie ons innerlike gevoelens—ons “eie plaag” en ons “eie pyn”—ten volle nie (Spreuke 14:10). Maar Jehovah ken ons hart, en hy is diep besorg oor ons. As ons ons hart in gebed voor hom uitstort, kan dit ons laste makliker maak om te dra. “[Werp] al julle sorge op hom”, sê die Bybel, “want hy sorg vir julle.”—1 Petrus 5:7.
10-16 APRIL 2012
SKATTE UIT GOD SE WOORD | 2 KRONIEKE 8-9
“Wysheid was vir haar kosbaar”
Wanneer vrygewigheid geen perke ken nie
Die koningin van Skeba het natuurlik ook baie tyd opgeoffer en moeite gedoen om Salomo te besoek. Skeba was blykbaar in die gebied van die hedendaagse Republiek van Jemen; die koningin en haar karavaan kamele het byna 2 000 kilometer na Jerusalem gereis. Dit is soos Jesus gesê het: “Sy het van die uithoeke van die aarde af gekom.” Waarom het die koningin van Skeba soveel moeite gedoen? Sy het hoofsaaklik gekom “om die wysheid van Salomo te hoor”.—Lukas 11:31.
’n Besoek wat ryklik beloon is
In elk geval, die koningin het in Jerusalem aangekom “met ’n baie indrukwekkende gevolg, kamele wat balsemolie en ’n baie groot hoeveelheid goud en kosbare stene dra” (1 Konings 10:2a, NW). Party sê dat die “indrukwekkende gevolg” ’n gewapende geleide ingesluit het. Dit is te verstane as ’n mens in gedagte hou dat die koningin ’n magtige hoogwaardigheidsbekleër was en met kosbaarhede gereis het wat tienmiljoene rande werd was.
Let egter op dat die koningin van Salomo se roem “in verband met die naam van Jehovah” gehoor het. Dit was dus nie net ’n handelsreis nie. Die hoofrede vir die koningin se besoek was klaarblyklik om Salomo se wysheid te hoor—om moontlik selfs iets omtrent sy God, Jehovah, te leer. Aangesien sy waarskynlik ’n afstammeling van Sem of Gam was, wat aanbidders van Jehovah was, wou sy dalk graag uitvind omtrent die godsdiens van haar voorvaders.
’n Besoek wat ryklik beloon is
Die koningin van Skeba was so beïndruk deur Salomo se wysheid en die voorspoed van sy koninkryk dat daar “in haar geen gees meer [was] nie” (1 Konings 10:4, 5). Party meen dat hierdie frase beteken dat die koningin “sprakeloos” gelaat is. Een geleerde voer selfs aan dat sy flou geword het! Hoe dit ook al sy, die koningin was verbaas oor wat sy gesien en gehoor het. Sy het gesê dat Salomo se knegte gelukkig is omdat hulle hierdie koning se wysheid kon hoor, en sy het Jehovah geloof omdat hy Salomo op die troon geplaas het. Daarna het sy die koning duur geskenke gegee, waarvan die goud alleen, in vandag se waarde, omtrent R247 600 000 werd was. Salomo het ook geskenke gebring en aan die koningin “al haar begeerte gegee wat sy gevra het”.—1 Konings 10:6-13.
it-2-E 990-991
Salomo
Nadat die koningin ook die prag van die tempel en Salomo se huis gesien het, asook sy tafel, sy skinkers, die kleredrag van sy tafelbediendes en die brandoffers wat gereeld by die tempel geoffer is, “het dit haar asem weggeslaan”. En daarom het sy gesê: “Hulle het my nie eers die helfte vertel nie! U wysheid en voorspoed het die berig wat ek gehoor het, ver oortref.” Toe het sy gesê dat die knegte wat so ’n koning dien, gelukkig is. Al hierdie dinge het haar beweeg om Jehovah te loof, om Jehovah God te seën, wat sy liefde vir Israel gewys het deur Salomo as koning aan te stel om met regverdigheid te oordeel. – 1Kn 10:4-9; 2Kr 9:3-8.
Geestelike skatte
it-2-E 1097
Troon
Die enigste troon van Israel se heersers wat in detail beskryf word, is die een wat Salomo gemaak het (1Kn 10:18-20; 2Kr 9:17-19). Dit lyk asof dit in “die Troonsaal” was, een van die geboue wat op berg Moria in Jerusalem was (1Kn 7:7). Dit was ‘’n groot ivoortroon wat met suiwer goud oorgetrek was, en dit het ’n ronde dakkie en armleunings gehad’. Al was ivoor dalk die basiese materiaal in hierdie koninklike stoel, lyk dit volgens die konstruksie-tegniek wat oor die algemeen by die tempel gevolg was dat die stoel van hout gemaak was, met suiwer goud oorgetrek was en ryklik met ivoorpanele versier was. Vir iemand wat die troon gesien het, sou dit gelyk het asof die troon heeltemal van ivoor en goud gemaak was. Nadat die ses trappe wat na die troon lei, genoem word, sê die verslag verder: “Twee leeus het langs die armleunings gestaan. En 12 leeus het op die ses trappe gestaan, een aan elke kant van die ses trappe” (2Kr 9:17-19). Die feit dat die leeu gebruik was as ’n simbool van gesag, was gepas (Ge 49:9, 10; Op 5:5). Dit lyk asof die 12 leeus ooreengestem het met die 12 stamme van Israel, dit het moontlik hulle onderdanigheid en hulle ondersteuning aan die heerser op die troon gewys. Daar was ’n goue voetbank wat vas was aan die troon. Volgens die beskrywing oortref hierdie troon wat van ivoor en goud gemaak was enige ander troon van daardie tyd, of dit nou deur argeoloë ontdek was, op monumente vertoon was of in inskripsies beskryf was. Soos die skrywer met alle eerlikheid kon sê: “Geen ander koninkryk het so iets gehad nie. – 2Kr 9:19.
17-23 APRIL 2012
SKATTE UIT GOD SE WOORD | 2 KRONIEKE 10-12
“Word gehelp deur wyse raad”
Hy kon God se goedkeuring gehad het
Rehabeam was in ’n moeilike situasie, en hy het dalk nie geweet wat om te doen nie. As hy na die volk geluister het en hulle nie so swaar belas nie, sou hy, sy familie en diegene wat deel van die koninklike hof was, met minder luukse dinge moes klaarkom. Maar as hy nie na hulle geluister het nie, sou die volk dalk in opstand kom. Wat sou hy doen? Die nuwe koning het die saak eers bespreek met die ouer manne, wat ook Salomo se raadgewers was. Maar toe het Rehabeam vir die jonger manne, wat sy ouderdom was, gevra wat hulle raad is. Rehabeam het na hierdie jonger manne geluister en besluit om die volk se las swaarder te maak. Hy het gesê: “Ék sal by julle juk byvoeg. My vader het julle met swepe getugtig, maar ék sal julle met gesels tugtig.” — 2 Kron. 10:6-14.
Hoe jy goeie besluite kan neem
Jehovah voorsien ook ervare persone in die gemeente met wie ons ons besluite kan bespreek (Efesiërs 4:11, 12). Wanneer ons ander raadpleeg, moet ons egter nie wees soos party wat van die een persoon na die ander gaan totdat hulle uiteindelik iemand vind wat sê wat hulle graag wil hoor nie. En dan volg hulle sy raad. Ons moet ook die waarskuwende voorbeeld van Rehabeam onthou. Toe hy ’n ernstige besluit moes neem, het hy uitstekende raad van die ouer manne ontvang wat saam met sy vader gedien het. Pleks van hulle raad te volg, het hy die jong manne geraadpleeg wat saam met hom grootgeword het. Hy het hulle raad gevolg en ’n baie slegte besluit geneem, met die gevolg dat hy ’n groot deel van sy koninkryk verloor het.—1 Konings 12:1-17.
Wanneer ons raad vra, moet ons diegene vra wat lewensondervinding en ’n goeie kennis van die Skrif het en regte beginsels hoog ag (Spreuke 1:5, NW; 11:14; 13:20). Wanneer moontlik, moet jy die tyd neem om oor die betrokke beginsels te peins, asook oor al die inligting wat jy nagevors het. Namate jy dinge in die lig van Jehovah se Woord begin sien, sal die regte besluit waarskynlik duideliker word.—Filippense 4:6, 7.
it-2-E 768 ¶1
Rehabeam
Hierdie arrogante, hoogmoedige gesindheid wat Rehabeam gehad het, het die meeste van die mense heeltemal vervreem. Die enigste stamme wat aangehou het om die huis van Dawid te ondersteun, was Juda en Benjamin terwyl die priesters en die Leviete van albei koninkryke, sowel as party individue van die tien stamme ook hulle ondersteuning gegee het. – 1Kn 12:16, 17; 2Kr 10:16, 17; 11:13, 14, 16.
Geestelike skatte
it-1-E 966-967
Bokagtige demoon
Josua se woorde in Josua 24:14 wys dat die Israeliete tot ’n sekere mate beïnvloed was deur die valse aanbidding van Egipte terwyl hulle daar gebly het. En Esegiël wys dat die Israeliete vir ’n lang tyd daarna aangehou het met sulke heidense gebruike (Ese 23:8, 21). En daarom glo party geleerdes dat die bevel wat God vir die Israeliete in die wildernis gegee het wat gesê het dat hulle nie “offerandes aan die bokagtige demone [moet] offer” nie, (Le 17:1-7) en die feit dat Jerobeam “priesters aangestel [het] vir die offerhoogtes en vir die bokagtige demone” (2Kr 11:15) wys dat daar die een of ander bokaanbidding onder die Israeliete was soos dit die gewoonte in Egipte was, veral in Benede-Egipte.
Maar wat sulke “hareriges” (seʽi·rimʹ) was, word nie genoem nie. Party sê dat dit letterlike bokke was of dat dit beelde was wat soos bokke gelyk het. Dit beteken nie noodwendig dat dit so was nie en ander tekste gee ook nie bewyse daarvan nie. Die term wat gebruik word, kan eenvoudig beteken dat sulke valse gode in die verstande van dié wat hulle aanbid het, uitgebeeld was as bokagtig in vorm of harerig in voorkoms. Of die gebruik van “bokke” in hierdie verwysing was dalk net ’n manier om minagting uit te spreek vir voorwerpe van valse godsdiens oor die algemeen soos die woord beelde byvoorbeeld in baie tekste afgelei is van ’n term wat oorspronklik “ontlasting” beteken, maar nie beteken dat dit letterlik van ontlasting gemaak was nie. – Le 26:30; De 29:17.
24-30 APRIL 2012
SKATTE UIT GOD SE WOORD | 2 KRONIEKE 13-16
“Vertrou op Jehovah – Wanneer?”
Jong manne – Hoe kan julle ander se vertroue wen?
12 As ’n jong man, was koning Asa nederig en dapper. Byvoorbeeld, nadat sy pa, Abia, gesterf het, het Asa koning geword. Hy het toe begin om al die afgode uit die land te verwyder. Hy het ook “vir Juda gesê dat hulle Jehovah, die God van hulle voorvaders, moet dien en die Wet en die gebod moet gehoorsaam” (2 Kron. 14:1-7). En toe Serag die Etiopiër Juda met 1 000 000 soldate aangeval het, het Asa vir Jehovah gevra om hom te help. Hy het gesê: “O Jehovah, dit maak nie vir u saak of dié aan wie u hulp verleen, sterk of swak is nie. Help ons, Jehovah ons God, want ons vertrou op u.” Hierdie pragtige woorde wys dat Asa geglo het dat Jehovah hom en sy volk sou red. Asa het op sy hemelse Vader vertrou, en “Jehovah [het] vir Asa en Juda die oorwinning oor die Etiopiërs gegee”. – 2 Kron. 14:8-12.
Jong manne – Hoe kan julle ander se vertroue wen?
13 Dit moes Asa sekerlik baie bang gemaak het toe 1 000 000 soldate gekom het om teen hom te veg. Maar omdat hy op Jehovah vertrou het, was hy suksesvol. Maar ongelukkig het Asa nie op Jehovah vertrou toe ’n kleiner leërmag hom wou aanval nie. Toe die goddelose koning Baäsa van Israel Asa gedreig het, het hy die koning van Sirië gevra om hom te help. Deur middel van sy profeet Hanani het Jehovah vir Asa gesê: “Omdat u op die koning van Sirië vertrou het en nie op Jehovah u God vertrou het nie, het u die kans om die leërmag van die koning van Sirië te verslaan, deur u vingers laat glip.” Van daardie tyd af was daar heeltyd oorloë teen Asa (2 Kron. 16:7, 9; 1 Kon. 15:32). Wat is die les?
Jong manne – Hoe kan julle ander se vertroue wen?
14 Bly nederig en hou aan om op Jehovah te vertrou. Toe jy gedoop is, het jy gewys dat jy sterk geloof het en dat jy op Jehovah vertrou. En Jehovah was baie bly om jou die voorreg te gee om deel van sy familie te word. Maar dit is belangrik dat jy aanhou om op Jehovah te vertrou. Dit lyk dalk of dit maklik is om op Jehovah te vertrou wanneer jy groot besluite in jou lewe moet maak. Maar wat van ander tye? Dit is baie belangrik dat jy op Jehovah vertrou wanneer jy besluite maak, selfs wanneer dit kom by vermaak, werk en jou doelwitte. Moenie op jou eie wysheid vertrou nie. Soek eerder na Bybelbeginsels wat jou in jou situasie kan help en pas dit dan toe (Spr. 3:5, 6). As jy dit doen, sal jy Jehovah gelukkig maak en sal jy die respek van ander in jou gemeente wen. – Lees 1 Timoteus 4:12.
Geestelike skatte
Dien Jehovah met ’n volkome hart!
7 Elkeen van ons kan sy hart ondersoek om te sien of hy God met ’n volkome hart dien. Vra jou af: ‘Is ek vasbeslote om Jehovah te behaag, ware aanbidding te verdedig en sy volk teen enige verderflike invloed te beskerm?’ Dink net hoeveel moed dit van Asa geverg het om op te staan teen Maäga, wat die “dame”, of koninginmoeder, in die land was! Jy ken dalk niemand wat net soos sy optree nie, maar daar is moontlik ’n situasie waarin jy Asa se moed kan navolg. Wat sal jy byvoorbeeld doen as ’n familielid of hegte vriend sonde pleeg, onberouvol is en uitgesit moet word? Sal jy vasbeslote wees om nie met daardie persoon te assosieer nie? Wat sal jou hart jou beweeg om te doen?