-
Kan jy vertroue in die Bybel hê?Die Wagtoring – 1993 | Junie 15
-
-
Kan jy vertroue in die Bybel hê?
SAL jy, as jy ’n Bybel optel, verwag om ’n muntstuk te vind? Wat van hierdie antieke silwer muntstuk?
Baie dink aan die Bybel as ’n ou boek wat ongewone stories en bewonderenswaardige sedes bevat. Tog glo hulle nie dat die Bybel akkurate geskiedenis bevat nie en daarom ontken hulle dat dit die Woord van God is. Daar is egter oorvloedige bewyse van die Bybel se akkuraatheid. Hierdie muntstuk (’n vergroting) is ’n goeie voorbeeld daarvan. Wat sê die omskrif?
Die muntstuk is in Tarsus gemaak, ’n stad in die suidoostelike deel van wat nou Turkye is. Die muntstuk is in die vierde eeu v.G.J. gedurende die regering van die Persiese goewerneur Mazaeus gemaak. Dit identifiseer hom as goewerneur van die provinsie “Oorkant die Rivier”, dit is die Eufraatrivier.
Maar waarom is daardie uitdrukking interessant? Want jy sal dieselfde benaming in jou Bybel vind. Esra 5:6–6:13 (NW) bevat korrespondensie tussen die Persiese koning Darius en ’n goewerneur met die naam Tattenai. Onder bespreking was die Jode se herbouing van hulle tempel in Jerusalem. Esra was ’n bekwame kopiïs van God se Wet, en ’n mens sou verwag dat hy presies en akkuraat sou wees in wat hy geskryf het. Jy sal sien dat hy Tattenai in Esra 5:6 en 6:13 “die goewerneur oorkant die Rivier” noem.
Esra het dit in ongeveer 460 v.G.J. neergeskryf, nagenoeg 100 jaar voor die muntstuk gemunt is. Party voel dalk weliswaar dat die benaming van ’n antieke amptenaar ’n onbeduidende besonderheid is. Maar as jy die Bybelskrywers in sulke klein besonderhede kan vertrou, behoort dit nie jou vertroue te vergroot in enigiets anders wat hulle geskryf het nie?
In die eerste twee artikels van hierdie nommer sal jy bykomende redes vind om sulke vertroue te hê.
-
-
Sal jy ’n besoek verwelkom?Die Wagtoring – 1993 | Junie 15
-
-
Sal jy ’n besoek verwelkom?
Jy kan selfs in hierdie wêreld vol probleme geluk vind deur juiste Bybelkennis aangaande God, sy Koninkryk en sy wonderlike voorneme vir die mens op te doen. As jy graag meer inligting wil hê of as jy wil hê dat iemand jou moet besoek om ’n gratis tuisbybelstudie met jou te hou, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of aan die gepaste adres op bladsy 2.
-