Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Belydenis wat lei tot genesing
    Die Wagtoring – 2001 | Junie 1
    • Goddelike vergifnis en die opbouende omgang met medeaanbidders is geestelik genesend. Ja, op grond van Christus se losprys kan ’n berouvolle persoon “die rykdom van [God se] onverdiende goedhartigheid” smaak.—Efesiërs 1:7.

      “’n Suiwer hart” en ‘’n nuwe gees’

      Nadat Dawid sy sonde bely het, het hy nie aan ’n negatiewe gevoel van waardeloosheid toegegee nie. Sy woorde in die psalms oor belydenis toon die verligting wat hy gevoel het, asook sy vasbeslotenheid om God getrou te dien. Kyk byvoorbeeld na Psalm 32. In vers 1 lees ons: “Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.” Ongeag hoe ernstig die sonde is, ’n gelukkige uiteinde is moontlik as ’n persoon opregte berou toon. Een manier waarop ’n mens hierdie opregtheid kan toon, is deur volle verantwoordelikheid vir jou dade te aanvaar, soos Dawid gedoen het (2 Samuel 12:13). Hy het homself nie voor Jehovah probeer regverdig of ander die skuld probeer gee nie. Vers 5 sê: “My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe.” As iemand sy sondes opreg bely, bring dit verligting mee, sodat sy gewete hom nie meer hoef te kwel oor vorige oortredinge nie.

      Nadat Dawid Jehovah om vergifnis gesmeek het, het hy gevra: “Skep in my ook ’n suiwer hart, o God, en plaas in my ’n nuwe, standvastige gees” (Psalm 51:10, NW). Die feit dat Dawid “’n suiwer hart” en ‘’n nuwe gees’ gevra het, toon dat hy bewus was van die sondige neiging in hom en dat hy God se hulp nodig gehad het om sy hart te reinig en ’n nuwe begin te maak. Pleks van hom aan selfbejammering oor te gee, was hy vasbeslote om met sy diens aan God voort te gaan. Hy het gebid: “Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig.”—Psalm 51:17.

      Wat was Jehovah se reaksie op Dawid se opregte berou en vasbeslote pogings om hom te dien? Hy het Dawid hierdie bemoedigende versekering gegee: “Ek sal jou insig gee en jou onderrig in die weg wat jy moet gaan. Ek sal raad gee met my oog op jou” (Psalm 32:8, NW). Hier is die versekering van Jehovah se persoonlike belangstelling in die berouvolle persoon se gevoelens en behoeftes. Jehovah het beloof

  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring – 2001 | Junie 1
    • Vrae van lesers

      Waarom moet Christene hulle sondes aan die ouer manne in die gemeente bely as Jehovah bereid is om sondes op grond van die losprysofferande te vergewe?

      Soos ons in die geval van Dawid en Batseba kan sien, het Jehovah Dawid se sonde weens sy opregte berou vergewe, al was sy sonde baie ernstig. Toe die profeet Natan na hom gekom het, het Dawid openlik bely: “Ek het gesondig teen die HERE!”—2 Samuel 12:13.

      Jehovah aanvaar egter nie net ’n sondaar se opregte belydenis en vergewe hom nie, maar hy het ook liefdevolle voorsienings om die sondaar te help om weer geestelik gesond te word. In Dawid se geval het die hulp deur die profeet Natan gekom. Vandag is daar geestelike ryp ouer manne in die Christengemeente. Die dissipel Jakobus verduidelik: “Is iemand onder julle [geestelik] siek? Laat hom die ouer manne van die gemeente na hom toe roep, en laat hulle oor hom bid en hom in die naam van Jehovah met olie salf. En die gebed van geloof sal die een wat ongesteld is gesond maak, en Jehovah sal hom oprig. Ook as hy sondes gepleeg het, sal dit hom vergewe word.”—Jakobus 5:14, 15.

      Bekwame ouer manne kan baie doen om die gemoedskwelling van die berouvolle sondaar te verlig. Hulle probeer Jehovah navolg in hulle handelinge met hom. Hulle wil nooit hardvogtig

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel