Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hulle vind ware rykdom in Hongkong
    Die Wagtoring – 1993 | Mei 15
    • dus baie sukses in die straatgetuieniswerk. Hulle kom ook met mense by hulle werkplek in aanraking deur kantoorwerkers, winkeleienaars, boere en manne wat van hulle visvangste in die Suid-Chinese See terugkeer, te besoek.

      In Hongkong kan daar waarlik gesê word “die oes is wel groot, maar die arbeiders min” (Mattheüs 9:37). Op die oomblik is daar 1 Getuie vir elke 2 300 van die bevolking. Omdat hulle besef hoe dringend die oeswerk is, is byna 600 van die 2 600 Koninkryksverkondigers daar pioniers, of voltydse verkondigers van die goeie nuus. Jehovah se Getuies in Hongkong, soos diegene elders, besef dat ‘die seën van die HERE jou ryk maak’ (Spreuke 10:22). Gevolglik werk hulle baie hard om nog baie meer mense in daardie vooruitstrewende gemeenskap te help om ware rykdom te vind.

  • Volg jy Jehovah volkome na?
    Die Wagtoring – 1993 | Mei 15
    • Volg jy Jehovah volkome na?

      “DIE regverdiges is soos ’n jong leeu wat vol vertroue is” (Spreuke 28:1, NW). Hulle beoefen geloof, steun vol vertroue op God se Woord en gaan moedig vooruit in Jehovah se diens voor watter gevaar hulle ook al te staan kom.

      Terwyl die Israeliete in Sinai was nadat God hulle in die 16de eeu v.G.J. uit Egiptiese slawerny verlos het, het veral twee manne getoon dat hulle so vol vertroue soos leeus was. Hulle het ook getrouheid aan Jehovah onder moeilike omstandighede geopenbaar.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel